Drie in hof oor gedwonge huwelik

hof-hamer

Argieffoto.

Drie mans het Maandag in die Mthatha-landdroshof in die Oos-Kaap verskyn nadat hulle glo ʼn 15-jarige meisie gedwing het om met ʼn 26-jarige man te trou.

Kapt. Anelisa Feni, woordvoerder van die polisie, het gesê die verdagtes is Saterdag in hegtenis geneem. “Die meisie se twee oupas, 51 en 70 jaar oud, het glo die gedwonge huwelik gereël. Daar is glo aan die meisie gesê dat sy by haar een oupa gaan woon om haar skoolloopbaan te voltooi.”

Volgens Feni het die Valke van die plan gehoor en is die meisie by die 26-jarige man se huis in Ntlazi gevind. Sy is onmiddellik verwyder en na ʼn plek van veiligheid in Mthatha geneem.

Feni het gesê die 26-jarige man staan tereg op aanklagte van ontvoering en poging tot verkragting terwyl die ander twee mans van mensehandel aangekla word. Die drie is op borgtog van R500 elk vrygelaat en moet weer op 2 Maart in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Menselewenswaarde ·

Ja, want die ANC regering plaas die waarde lewens van hulle ondersteuners baie laag.

Cherokee ·

snoefie, ek is verbaas dat daar geen reaksies op jou interessante vraag is nie.

jennefer ·

Die bruidegom is seker n buitelander, kon toe seker n bruid bekostig en daarmee saam burgerskap.

Drieks ·

Hierdie 3 mans is eitlik onskuldig. Dit is hul kultuur om ‘n meisie te mag vat sodra sy oor 13 of so is. Die Anc moet pa staan dat hierdie kultuur nog voortgaan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.