Drie in hof oor Kaapstad-polisieman se moord

Ao Dion Juan Gaston Dumas (57), gestasioneer by Malmesbury-polisiestasie

Ao Dion Juan Gaston Dumas (57), gestasioneer by Malmesbury-polisiestasie

Twee vroue en ʼn man wat in hegtenis geneem is in verband met ao Dion Dumas (57) se moord, het Donderdag in die Atlantis-landdroshof verskyn.

Maroela Media het vroeër berig Dumas, van Malmesbury-polisie, se liggaam is gevind nadat hy op Oukersdag verdwyn het.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het bevestig die drie persone is Dinsdag in hegtenis geneem waarna Dumas se liggaam in ʼn verlate gebou gevind is.

Twee van die verdagtes was in besit van sy motor, ʼn wit BMW.

Die persone staan tereg op aanklag van kaping en moord.

Hulle sal volgende week weer in die hof verskyn waar hulle formeel sal aansoek doen om borgtog. Hulle bly in aanhouding.

Lees alle vorige berigte oor Dion Dumas op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

jaco ·

n WIT man vermoor en sy moordenaars word so gou gevang. So daars darem nog n bietjie hoop vir ons land se racially biased regstelsel.

Casper ·

Ek sien nie dat die name genoem word van die beskuldigdes nie. Waarom nie? Is Maroela bang?

Annie ·

Geen borg .. laat hulle sit .. gooi die sleutel weg. Ek het nie meer simpatie vir die kriminele nie .. ons kon almal so gewees het .. alles is keuses. Net jammer my belasting geld word gemors op die skuim van die aarde!!

julius ·

Jan dit kan dalk nog kom aangesien daar ook ander rasse is wat die doodstraf ingestel wil hê. Daar is lande wat die doodstraf onlangs weer ingestel het om moord en dwelms te beheer.

Johann ·

En Koos Kombuis sê hy wil nêrens anders heen vlug nie, dis nie veilig daar nie, hy bly in Suid-Afrika.

Hermien Visagie ·

Hy was nog nooit aan die Boere se kant nie. Onthou nog sy skrywe in 2000 se kant: “Boere is p**se.” Hy te lief vir sy “bruinbroodjies”.

HW Enslin ·

Trek laer. Nie een binne daardie laer sal verder aangeval, beroof en vermoor word nie. Dit is die enigste manier om dit te stop.

Lewies ·

Ek raak regtig siek en sat vir die alewige doodstraf deuntjie wat in kommentare op moordberigte gesing word. Jy het regtig beperkte begrip oor wat om jou aangaan as jy dink dit sal ooit gebeur. En dit help niemand nie, veral nie almal wat reeds vermoor is nie. Dis lee woorde! Waardelose woorde! En dit raak afgesaag. Ek kry sommer ‘n kramp as ek dit hoor.

Jan ·

Dit word om ‘n spesifieke rede gedoen, as almal stilbly, kom daar dadels van. Die Studente het hard genoeg geskree vir #fees, vir lank, en nou luister mense. Daar is nou al in die media bevestig dat daar weer ‘n ondersoek na die doodstraf gaan kom.

m ·

Alweer 3 van hulle om n witte Te vermoor. Hoe lafhartig Kan hulle wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.