Drie in hof oor Levubu-plaasmoord

Hennie Bonnema. Foto: Verskaf

Hennie Bonnema. Foto: Verskaf

Drie mans het Maandag in die Vuwani-landdroshof in Limpopo verskyn in verband met die moord op Hennie Bonnema, wat vroeër vandeesmaand op sy plaas in die Levubu-omgewing vermoor is.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê Walter Maringa (24), Mudau Sylverster Takalani (31) en Khodani Tshishonga (33) het almal op aanklag van moord verskyn. Die saak is tot 9 November uitgestel en die drie sal in aanhouding bly tot dan.

Maroela Media het vroeër berig Bonnema (62) se seun en skoondogter het sy bebloede liggaam op 18 Oktober omstreeks 23:00 buite sy plaashuis gevind. Bonnema het die betrokke aand omstreeks 21:30 by die huis gekom nadat hy by familie gaan eet het.

Jan Bonnema, Hennie se broer, het vroeër aan Maroela Media gesê Hennie het vermoedelik by die erf ingery, onraad vermoed en omgedraai om weer uit te ry, toe die aanvallers hom voor die hek oorval het. Hy is daar met ʼn skerp voorwerp gesteek en geslaan en is op die toneel dood.

Lees alle vorige berigte oor Hennie Bonnema op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Esmay ·

Die doodstraf sal nooit weer in diè land heringestel word nie!!

Thea Gerber ·

Ek het ‘n versoek vir Maroela Media. Vat die Oktobermaand kalender en dan doen julle navorsing oor hoeveel plaasaanvalle gedurende Oktober plaasgevind het en hoeveel boere is dood? Elke keer wat ‘n boer vermoor word, is daar werksmense wat sonder ‘n werk, blyplek en inkomste is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.