Drie in hof oor onwettige jag

hof-hamer

Argieffoto.

Nico Scheepers (20), Simon Spark (19) en Simphiwe Ntantiso (23) het Maandag in die hof verskyn in verband met onwettige jagaktiwiteite op ʼn Oos-Kaapse plaas.

Kapt. Lariane Jonker, polisiewoordvoerder, het gesê die drie is in Februarie in hegtenis geneem nadat die polisie inligting van die gemeenskap opgevolg het oor onwettige jagaktiwiteite op die plaas Eensaam in die Tarkastad-omgewing.

“Die drie was na bewering betrokke by die jag van drie diere op die plaas. Hulle het kort daarna in die Tarkastad-landdroshof verskyn op aanklagte van onwettige jag en die onwettige besit van ammunisie, waarna hulle op borgtog van R1 000 elk vrygelaat is,” het Jonker gesê.

Die saak is Maandag tot 24 April uitgestel vir vervolgingbesluitneming deur die direkteur van openbare vervolging.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

cor ·

Dubbele standaarde endaar sal niks van kom nie die saak sal uitgegooi word weens ‘n gebrek aan bewyse. Toe n boer hier in ons distrik onwettige jagters betrap en die polisie bel is hy die skurk gemaak en toe gesluit. Hierdie onwettige jagters het meer regte as ‘n grond eienaar.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.