Drie in hof oor ‘pannekoektannie’ se moord

Anna Herbst, Bloemfontein se geliefde pannekoektannie, is die naweek in haar huis vermoor. (Foto: verskaf)

Drie persone, tussen 18 en 19 jaar oud, het Vrydag in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn in verband met die moord op Anna Herbst (61), oftewel Bloemfontein se “pannekoektannie”, soos sy allerweë bekend gestaan het.

Phaladi Shuping, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het aan Maroela Media gesê Lehlohonolo Gift Mans (18), Mpho Joseph Mateu (18) en Thabo Andries Ntholeng (19) het in die hof verskyn in verband met die moord.

Herbst se liggaam is op 6 Julie 2019 in haar huis op ʼn kleinhoewe by Bloemspruit, aan die buitewyke van die stad, gekry. Sy het alleen daar gewoon nadat haar man vroeër dood is. Maroela Media het vroeër berig nooddienswerkers het Herbst se liggaam in die huis gekry nadat bure vlamme gesien en die brandweer ontbied het. Die nooddienswerkers het agtergekom Herbst se hande is vasgebind toe hulle die liggaam uit die huis verwyder het.

Die verdagtes is Woensdag in hegtenis geneem.

Staatsaanklaer Johan de Vries het aan landdros Ryan Ishmail gesê daar is ooggetuies wat die verdagtes positief met die moord kan verbind.

Maroela Media verneem Mans is in 2017 ná ʼn kaping tot 15 jaar tronkstraf gevonnis is, maar het ná sy vonnisoplegging uit aanhouding ontsnap. Shuping kon dit nie dadelik bevestig nie.

“Die mans het nog nie gepleit op die aanklag nie. Hulle bly in aanhouding en sal na verwagting op 19 Julie weer in die hof verskyn,” het Shuping bygevoeg.

ʼn Roudiens is Donderdag in die NG kerk Bloemfontein-Noord (Klipkerk) vir Herbst gehou. Herbst was ʼn bekende in die stad waar sy die afgelope ruk op Donderdae, Vrydae en Saterdae pannekoeke voor D&J Vleis verkoop het.

In dié stadium lyk dit of net ʼn geldtrommeltjie uit Herbst se voertuig, wat steeds buite die huis gestaan het, vermis word. Haar pannekoekgeld was vermoedelik daarin.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

leser ·

ek hoop die skuldiges word van alle moontlike klagtes gevonnis, nie ‘n bietjie van die een, bietjie meer van die ander een, niks van die een, en niks moet samelopend uitgedien word nie, hulle was onmenslik in hul optrede

Pensioenaris ·

Kan nie glo mens kan iemand dood maak nie, en dan nog vir n trommeltjie met pannekoek geld. Dalk net genoeg vir n dagga sol. Hoop hulle kry die swaarste straf.

Pieter ·

Hulle sal niks oor kom nie die dokets gaan weg raak die land is n grap

Stomgeslaan ·

Jou belastinggeld gaan die advokate betaal wat hulle gaan verdedig in die hof! Hulle is mos onskuldig, al het ooggetuies hulle positief met die moord verbind!Binnekort wil hulle borg ook he!

Woedend ·

Sluit toe en gooi die sluitels weg, help nie meer nie……BRING DIE DOODSTRAF TERUG….. DIT IS AL WAT GAAN HELP!!!

Gesiggie ·

Woedend…. ek stem hul moor net en gaan tronk toe, kom uit en… doen dit net weer ( DOODSTRAF)”’ al wat ons moorde minder sal maak, My innige meegevoel aan Tannie Anna se familie… mag die moordenaars ROT IN HELL”’.

George in Bloem ·

Lyk my in Mans se geval het die staat nie sy werk behoorlik gedoen nie.Sal graag meer wil weet maar hier kan dalk nog ‘n groot eis kom?Innige simpatie aan die naasbestaandes. Dis skrikwekkend en ook ‘n skreiende skande hoe goedkoop ‘n lewe in hierdie land geword het.

Willem Grobler ·

Dié moordenaars se grondwetlike regte sal tot die letter in stand gehou word. Die tannie se regte het haar net mooi niks gehelp nie, het dit? Dit is hoe dit werk – die krimineel het die voordeel en die slagoffer het niks.

Snyman ·

Dankbaar daar is verdagtes is so gou gevind. Mag die vonnis oplegging vinnig afgehandel word en hulle nie genade betoon word nie. Sterke aan die familie en vriende in die moeilike tyd wat voorlê.

Kayt ·

En DIT IS ONS TOEKOMS VAN DIE LAND , WOW weldone SA mooi so, dit gebeer as kinders nie meer mag maniere geleer word soos in die ou tyd nie , selfs skelm gemors het meer regte as die doodgewone law abiding citizens , ons is al klear soos zim al difference is hier is nog n paar mensies wat tax betaal , tot die mensie uitgemoor word waar kry hulle dan geld

M ·

Doodstraf? Wie gaan die meeste gedood word, per ongeluk(!) as die doodstraf weer van krag word? Wees versigtig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.