Drie in hof oor plaasmoord

Argieffoto

Argieffoto

Drie mans het Woensdag in die Lephalale-landdroshof in Limpopo verskyn in verband met die moord op die 79-jarige Koos Jonker.

Kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, sê die saak is tot 21 Augustus uitgestel vir verdere ondersoek. Die verdagtes bly in aanhouding.

Die mans is Maandag in hegtenis geneem in verband met die moord op Jonker.

Sy liggaam is op 3 Augustus op sy badkamer se vloer aangetref.

Jonker het ‘n blyplek by ʼn gesin op ʼn plaas buite Lephalale (Ellisras) gehuur, en ook daar gewerk.

Lees ook:
Verdagtes ʼn week ná plaasmoord aangekeer
Plaasmoord: Bejaarde op plaas in Lephalale vermoor

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.