Drie in hof oor renosterhorings

Verdagtes in die hof (Foto verskaf)

Drie persone het Dinsdag in die Kabokweni-landdroshof in Mpumalanga verskyn op aanklag van handeldryf met renosterhorings ter waarde van R6 miljoen.

Kapt. Dineo Sekgotodi, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke), het gesê Martin Prince Lekhuleni (35), Banele Georgina Nyalunga(24) en Sipho Alfred Nyundu (36) sal Woensdag weer in die hof verskyn vir hul formele aansoek om borgtog. Hulle bly in aanhouding.

Maroela Media het vroeër berig die polisie het beslag gelê op ses renosterhorings en drie mense in hegtenis geneem nadat hulle ʼn wenk oor die horings gekry het. Die span het ʼn toegeslaan op die huis in Clau-Clau en verskeie jagmesse in ʼn voertuig op die erf ontdek. ʼn Groot bedrag kontant is in die huis gevind. Die renosterhorings is in ʼn buitebadkamer versteek en is glo afkomstig van drie gestroopte renosters.

Die drie verdagtes is in hegtenis geneem en die polisie het beslag gelê op drie voertuie, die horings en die kontant.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Fae Fubar ·

Goeie werk! Kom ons hoop die vonnis is gepas vir die oortreding.

Theunis ·

Sluit hulle toe en gooi die sleutel in die see. Hierdie mense het geen respek vir niks en niemand nie. Dankie dat julle hul aangekeer het.

Genis ·

Dit maak my woedend om te dink wat hulle aan n beskermede spesie doen… Ek hoop van harte hulle kry die straf wat hulle toekom, en ek hoop hulle kopers word ook vasgetrek… CR moet dit duidelik maak, veral nou dat hy window shopping doen, LOS WILDE DIERE UIT… Die mens leer nie…

Eerlik ·

Geen gewete, geen empatie en geen respek vir enige mens of dier. Gewetenlose moordenaars.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.