Drie in hof oor reuse-wapenvonds

Prokureurs Modesto Saladino en Larry Marks saam met Emma Shumler-Tishko en haar dogter Nelly buite die Johannesburgse landdroshof  Foto: Daniel Born (TimesLive)

Prokureurs Modesto Saladino en Larry Marks saam met Emma Shumler-Tishko en haar dogter Nelly buite die Johannesburgse landdroshof Foto: Daniel Born (TimesLive)

Drie mense wat in hegtenis geneem is vir die besit van ongelisensieerde vuurwapens, ammunisie en springstof by ʼn huis in Norwoord, sal na verwagting Woensdag in die Johannesburgse landdroshof verskyn.

Emma Shumler-Tishko (62), haar man Mark (59) en Endi Nkhoma (26) word aangekla van die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie, dwelmhandeldryf, en die oortreding van die Wet op Plofstowwe.

Emma, wat in ʼn rolstoel is, is vroeër op borgtog van R5 000 vrygelaat weens haar toestand. Mark en Nkhoma bly in aanhouding.

Die egpaar, van Oekraïne, is op 22 Mei by hul huis in Norwood, noord van Johannesburg, in hegtenis geneem toe die polisie R1-, R4- en R5-gewere, AK-47’s en ongeveer 300 handwapens by die huis opgespoor het. Die polisie het ook beslag gelê op ontstekers, ʼn masjien wat ammunisie kan vervaardig, verpakte dagga en springstof wat gebruik word om kitsbanke mee op te blaas.

Lees ook:
Wapenvonds: Verdagte steeds soek
Foto’s: Drie vas ná reuse-wapenvonds

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Dereck Le Roux ·

Die mense kon net op een manier die wapens in die hande gekry het en dit is deur polisiemanne wat dit hanteer het tydens inhandiging en beslagneming wat dink hulle is onaantasbaar en het genoeg kontakte in die hoerhierargie van die polisie om hulle van enige blaam te onthef en om toutjies te trek om sake so te manipuleer dat hulle nooit eers aangeklae of verdink word nie, ons familie is deur so insident deur ‘n blanke polisieman in die K9 eenheid van die polisie, die hele saak stink na polisiebetrokkenheid.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.