Drie in hof oor standbeeld-brand

Oliver Tambo Foto: ortambodm.gov.za

Oliver Tambo Foto: ortambodm.gov.za

Drie mense het Maandag in die Bizana-landdroshof verskyn nadat ANC-strydros Oliver Tambo se standbeeld by die erfenisterrein in Bizana in die Oos-Kaap verlede week aan die brand gesteek is.

Kol. Sibongile Soci, woordvoerder van die polisie, het gesê die drie verdagtes, onderskeidelik 20,21 en 51 jaar oud, het in die hof verskyn op aanklag van brandstigting en ander verwante aanklagte. Die saak is tot 3 November uitgestel wanneer hulle om borg sal aansoek doen. Die verdagtes bly in aanhouding.

Die drie verdagtes is Vrydag in hegtenis geneem nadat ʼn spesiale taakspan op die been gebring is om die saak te ondersoek. Die standbeeld is Woensdag aan die brand gesteek.

Tambo, wat in Bizana gebore is, was een van die stigterslede van die ANC-jeugliga in 1944 en was die party se eerste nasionale sekretaris. Hy was later ook president van die ANC. Hy het in April 1993 ná ʼn beroerte gesterf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Marius Viviers ·

Geen borg oor ‘n beeld wat beskadig is? Raak ons nou heeltemal gek?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.