Drie in hof oor uitbuiting

Foto verskaf deur SAPD Wes-Kaap

Drie verdagtes, onderskeidelik 29, 39 en 50 jaar oud, sal na verwagting Dinsdag in ʼn hof in Caledon in die Wes-Kaap verskyn op aanklag van uitbuiting. Hulle is verlede week in Botrivier in hegtenis geneem.

Brig. Novela Potelwa, woordvoerder van die polisie, het gesê pogings om uitbuitingsmisdaad (beskermingsgeld), wat heelwat gemeenskappe in die Wes-Kaap teister, aan te spreek, het vrugte begin afwerp toe ʼn groot bedrag geld gevind is en drie verdagtes Donderdag in Botrivier aangekeer is.

“Die operasie is uitgevoer deur Overberg-speurders, polisiebeamptes en misdaadintelligensie, asook die Overberg-teenbende-eenheid. ʼn Plaaslike sakeman moes R300 000 beskermingsgeld betaal. Beamptes het op die verdagtes toegeslaan en beslag gelê op kontant, selfone, twee voertuie en verskeie 3G- en bankkaarte.”

Potelwa sê bystand van beamptes van die plaaslike munisipaliteit en lede van die buurtwag het baie waarde toegevoeg tot die operasie.

ʼn Verdere ondersoek sal bepaal of hulle ook met ander sake verbind kan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

johanf ·

Straf hul hard, veral in die pademie tyd, waar almal, baie, probeer om weer op hul voete te kom….

Baardman ·

Hoekom word die kriminele se identiteite beskerm. Wys hulle gesigte en gee name dat die publiek hulle kan sien

JM ·

Bedrog en diefstal vier hoogty en word net erger. Goed dat hulle gevang is, hulle moet boet!

Johanna ·

Soveel mense will eintlik net GELD kry, en sommer baie daarvan, sonder om daarvoor te werk. Dif is agv Die ” Crime pays” wat hulle by Hoë amptenare sien, Sluit hulle toe en laat hulle hard werk in die gevangenis.

Debby ·

In die tronk is dit hul eie keuse of hulle wil werk, en as hulle werk kry hulle nog n paar rand ok daarvoor nie baie nie onder R25

Hennie J ·

Dit is al n alombekende feit dat ons piesangland bekend is as die hemel vir kriminele. Ons kan vra hoekom: n Polisieminister wat optree soos n (onopgeleide) konstabel; n president wat ons belieg en bedrieg; Makgemaakte terroriste wat in beheer van die veiligheidsmagte is en n afrika vrees om daadwerklik teen oortreders op te tree.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.