Drie in hof oor vermiste Wes-Kaapse egpaar

Sayefudeen del Vecchio buite die Verulam-landdroshof. Foto: ANA

Die drie verdagtes wat verbind word met die verdwyning van Rodney (73) en Rachel Saunders (64) van die Wes-Kaap gaan na verwagting Dinsdag in die Verulam-landdroshof in Durban in KwaZulu-Natal om borgtog aansoek doen.

Die verdagtes is Sayfydeen Aslam del Vecchio (38) en Fatima Patel (27), die eerste twee mense wat in Februarie in verband met die Saunders-egpaar, albei plantkundiges, se verdwyning in hegtenis geneem is, en Thembamandla Xulu (19), die verdagte wat verlede Maandag in hegtenis geneem is.

Hulle staan tereg op onder meer aanklagte van beweerde ontvoering, aanranding en roof.

Del Vecchio en Patel word ook van terrorisme aangekla aangesien hulle na bewering met die Islamitiese Staat (Isis) verbind kan word en glo die Isis-vlag tydens die egpaar se ontvoering vertoon het.

Del Vecchio word ook aangekla van opsetlike saakbeskadiging in verband met ʼn voorval waarin suikerrietlande van Hulett in 2017 aan die brand gesteek is. Die skade van die brand het glo R2 miljoen beloop.

Al drie verdagtes word daarvan verdink dat hulle die Saunders-egpaar ontvoer en aangerand het.

Die verdagtes word ook daarvan verdink dat hulle die egpaar se Land Cruiser en meer as R700 000 uit hul bankrekening gesteel het. Die voertuig is onlangs teruggevind met bloed binne-in. Die egpaar word nog vermis.

Maroela Media het op 21 Februarie berig ʼn landwye soektog na die Saunders-egpaar is van stapel gestuur. Die egpaar woon al sowat 25 jaar in Kaapstad, maar het ook burgerskap in die Verenigde Koninkryk. Hulle was volgens die Britse webwerf Mirror voor hul verdwyning besig om in die Vryheid-gebied ʼn natuurprogram vir die BBC saam met die televisieaanbieder Nick Bailey te verfilm.

Nick Bailey saam met Rodney (73) en Rachel Saunders (64) (Foto: Twitter via @nickbailey365)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Lolla ·

Hhmm wonder of Isis nie by volgende EFF Standard Bank stadion byeenkoms n draai wil gaan maak nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.