Drie in hof oor wrede moord op bejaarde

Die verdagtes wat vasgetrek is. (Foto verskaf aan Maroela Media)

Drie mense het Maandag in die Nelspruit-landdroshof verskyn in verband met die wrede moord op die 85-jarige Hetta Potgieter.

John du Plooy (26), Shaun Oosthuizen (38) en Maryna Mandy Vorster (48) het op aanklagte van moord en huisroof verskyn.

Maroela Media het vroeër berig Potgieter se liggaam is op 9 Julie in haar selfsorgeenheid by die Macadamia-versorgingsoord in Nelspruit in Mpumalanga gevind. Haar hande was vasgebind en daar was ʼn voorwerp om haar nek gebind.

ʼn Personeellid het om 06:30 op Potgieter se liggaam in die badkamer afgekom.

Die drie beskuldigdes is in Krugersdorp in hegtenis geneem.

Maroela Media verneem daar is R10 000 kontant van Potgieter gesteel. Sy het die geld by haar gehad om haar maandelikse betalings te doen.

Die drie verdagtes word moontlik ook verbind met ander rooftogte in die omgewing.

Volgens lt.kol. Erhard Stroh, woordvoerder van die polisie, is die saak uitgestel tot 23 Julie wanneer die verdagtes na verwagting sal aansoek doen om borgtog.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

LouE ·

Dit vul my met afgryse! Ek is ook geskok om te sien dat die verdagtes uit eie geledere is.

Jimmy ·

Daar is hordes wit moordenaars in die nuus, dink maar aan die onlangse Mooinooi, mangat en Krugersdorp moorde, om maar net 3 te noem.

Lydia ·

En so het hulle gedink hulle gaan wegkom. Hoop hulle sit laaaank.

Koos ·

Hokaai… nie almal wat aangekeer word het die daad gepleeg nie. En nie almal wat die daad pleeg word skuldig bevind nie.

Grassie ·

Hul gesigte is op die voorblad van Laevelder, Nelspruit se koerant

Grassie ·

In hierdie saak is uitstaande goeie ondersoekwerk gedoen deur Nelspruit se speurders. Ek hoop hulle kry erkenning daarvoor.

Neels ·

Skande as ek die van ky is dit seker familie. Gulsigheid en probeer dit dan op die misdaad in die land plaas. Hier was een goeie speurder net te slim vir hulle. Mooi so SAPD nog n sukses vehaal

Alida ·

Knap gedaan SAPD maar die arme tannie is so wreed vermoor. Daar is geen versagting vir hierdie 3 nie en asb geen borg.

Ongelukkig ·

Hulle het geen genade betoon nie. (3 teen 1 weerlose bejaarde?). Hoop nie hulle verwag enige genade nie.

Theresa B ·

Ek stem saam met jou Koos. Hulle moet familie wees of andersins die tannie goed geken het. Dis walglik. Doodstraf moet teruggebring word.

KAREN ·

mense is tevinnig om teoor deel nie een van ons ken die waare storie nie die vrou het niks tedoen met die saak nie jah sy was maar net saam van niks geweet nie so asb voor mense sulke lelike goed se vind die warheid eers uit dankie

Zelda ·

Meng met die semels en die varke vreet jou op. Sy kon nie NIKS vermoed het of geweet het nie. Hul vermoed dan dat hul ander ook beroog het

kas ·

Karen,jy weet sekerlik dan meer as ons wat nie daar was nie maar as sy saam was wat het sy daar gesoek.Al drie is onskuldig tot hulle skuldig bevind is in die hof.Die berig dui aan dat twee mans en ‘n vrou gearresteer is vir die moord.Hulle word ook verbind met ander rooftogte in die omgewing.Was die vrou nie daar ook saam nie of was sy maar toevallig op die moordtoneel of was sy glad nie saam nie.

Gesiggie ·

Ek kan nie glo… dat hierdie mense tot so iets in staat is… en my vraag hoe het hul geweet dat die Tannie geld het?? dalk familie… dalk inligting ontvang.. dit was regtig so onnodig… sy het nog tyd gehad om haar laaste paar jare te geniet, sy lyk na n dierbare mens.. maar omdat hierdie mense net gedink het aan die geld… vermoor hul haar? en waar bevind jul nou julsef? in die tronk”’ waar jul lank moet sit en mooi nadink oor wat jul gedoen het. Baie goeie werk deur almal wat gehelp het om hul te vang” ons het meer mense soos jul nodig, om al die Moordenaars te vang wat vry rondloop…

Gillian ·

I can fully understand why the unsuspecting lady opened the door. She must have thought they were looking for family and had the wrong address. We now have all learnt not even in a safe community, our own kind or even a child can we trust. This is heartbreaking she had no chance.

JLP674 ·

Ek besef tydens nuus gebeure soos hierdie het almal hulle teorie oor wat, hoekom en wie, maar moet asb nie ondeurdagte kommentaar lewer sonder behoorlike feite nie. Hierdie 3 mense wat gearresteer is, is glad nie verwant aan ons as familie nie en dit was ‘n oppertunistiese misdaad en hulle was slegs gelukkig dat daar geld beskikbaar was om te neem. Dit word ook duidelik in die artikels aangedui dat hulle eers by ander plekke probeer het. Ons as familie het genoeg hartseer om te verwerk en het nie allerhande ongegronde “conspiracy theories” nodig in hierdie tyd nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.