Drie in hof vir Brits-tiener se brandmoord

Argieffoto

Argieffoto

Drie mense wat daarvan beskuldig word dat hulle ʼn tienermeisie van Noordwes ontvoer en aan die brand gesteek het, het Maandag in die Brits-landdroshof verskyn.

Die saak teen Sharon Twala, Koketso Moyo en Victor Pilane is tot 1 Julie uitgestel. Hul medebeskuldigde, Cynthia Mosopi, het nie in die hof verskyn nie omdat sy glo in die hospitaal opgeneem is.

Maroela Media het vroeër berig die vier verdagtes het Boitumelo Dhlamini (19) Donderdag by haar skool ontvoer en na ʼn afgeleë gebied geneem waar hulle petrol oor haar uitgegooi en haar aan die brand gesteek het. Sy is op die toneel dood.

Een van die vroulike verdagtes het Dhlamini glo daarvan beskuldig dat sy ʼn romantiese verhouding met haar vriend gehad het.

Dhlamini se suster, Nono, het aan African News Agency gesê haar suster is by die skool se hekke in ʼn motor gedruk nadat sy eksamen geskryf het. “Een van haar vriende het ons gebel en gesê sy is by ʼn motor ingedwing. Haar verbrande liggaam is later gekry,” het sy gesê.

Dhlamini sal na verwagting oor die naweek begrawe word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

CHRISTA ·

Dit was nog ALTYD hulle modus operandi: as iets of iemand jou nie pas nie, steek dit aan die brand!!! Almal het die opstande van die 70s onlangs gevier, maar hulle het al die slagoffers wat met bande wat om hulle geplaas is en daarna aan die brand gesteek is se lyding verswyg!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.