Drie in hof vir Durban-baba se ‘kapingsdrama’

Baba Siwaphiwe Mbambo nadat sy veilig gevind is. (Foto: Verskaf)

Baba Siwaphiwe Mbambo nadat sy veilig gevind is. (Foto: Verskaf)

Die ma van die “ontvoerde” een maand oue babadogtertjie van Durban, die ma se kêrel en nog ʼn vrou verskyn Maandag in ʼn Durbanse hof.

ʼn Volskaalse soektog is Vrydag na baba Siwaphiwe van stapel gestuur nadat haar ma se motor, met die baba daarbinne, as “gekaap” in Greyville aangemeld is. Volgens die ma het twee gewapende mans haar by die City View-winkelsentrum oorval en gekaap.

Die ma, wie se man ʼn veelwywer is met agt vroue, het gesê sy en haar agtjarige seun is tydens die kaping uit die voertuig gegooi, waarna die kapers met die baba weggejaag het. Die voertuig is later verlate op die hoek van Moodie- en Donovanweg in Montclair opgespoor.

Die polisie, paramedici, veiligheidsbeamptes en verskeie bekommerde inwoners het dadelik na die “kapers” begin soek en ʼn beloning van R250 000 uitgeloof vir inligting wat daartoe kan lei dat die kind so spoedig moontlik en veilig opgespoor word.

Lt.kol. Thulani Zwane, provinsiale polisiewoordvoerder van KwaZulu-Natal, het egter Saterdag ʼn groot wending in die verhaal bekend gemaak.

Die polisie het op ʼn wenk gereageer en ʼn voertuig Saterdag in die vroeë oggendure by die Marianhill-tolplaza (naby Pinetown) voorgekeer. Die baba is ongedeerd binne die voertuig gevind. Drie verdagtes, die kind se ma, haar kêrel en dié se ander minnares, was in die motor en is in hegtenis geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Johann ·

Skuus? Lees ek reg? N maaaaase familiekielie groepwoeps setup en een van die tydbedrywe is om saam saam te.lieg oor die verdwyning van een van die kinders terwyl NOG n kind saam was toe dit “gebeur” het? Maar nou ja: lyk my NUMBA WHONE word na gevolg in AL sy voorkeure van vergrype? Veelwywery se julle…?

Chantell ·

Hierdie hele storie maak my regtig net die moker in – ek meen selfs toe die polisie uiteindelik iets reg doen-doen hul toe nou eintlik niks, haai shym – maar jou kommentaar het my dag gemaak!

Katryn ·

Aaai! Hulle was seker maar net agter die R250.000. Aan vir labolla of dalk vir ‘n wettige troue!! Ons sal nooit weet nie! Want ons gedagtes is nie sooo skelm nie!!

snoefie ·

gister is berig dat die baba in die sorg van haar pa is. is die pa dus nie (meer?) die kêrel nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.