Drie in hof vir Limpopo-plaasmoord

Lawrence Frans Hlongwane. Foto: SAPD

Lawrence Frans Hlongwane. Foto: SAPD

Die drie verdagtes wat aangekla word van die moord op ʼn vrou wie se lyk Maandagoggend deur haar huishulp onder ʼn matras in een van die slaapkamers in haar huis in Limpopo gevind is, het Donderdag in die Polokwane-landdroshof verskyn.

Frans Seswa Mohlatlego (32), Lawrence Frans Hlongwane (45) en Frans Ngobeni is Dinsdag in hegtenis geneem vir die moord op Rina Langenhoven (67) op die plaas Silver Mist in die Haenertsburg-gebied. Ngobeni was voorheen ʼn werker op die plaas.

Kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, het gesê die saak is uitgestel tot 15 Desember wanneer die drie verdagtes om borgtog sal aansoek doen. Hulle sal in aanhouding bly tot dan.

Langenhoven se liggaam is aangetref met haar hande agter haar rug vasgebind en haar mond met kleefband toegeplak. Otto het vroeër gesê daar was wonde aan haar lyf, maar dit was nie duidelik of die wonde deur ʼn mes of ander wapen veroorsaak is nie. ʼn Nadoodse ondersoek sou gedoen word om die oorsaak van dood vas te stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

SNEL ·

n Werker op die plaas, ja, byt die hand wat goed genoeg was om jou te voer. Dit maak mens boos en dan wil mens praat soos Peet, en ek stem saam met Vixie, daar was mos nou die dag die vraag oor rassehaat en dis sulke goed soos die wat iets binne in jou laat borrel en kook. Vrou alleen teen drie, hoe de hoenders staan sy n kans. n Tienerseun is sterker as n vrou, wat nog te praat van drie jong akkers soos die. Dit gaan nie oor diefstal nie, hulle is uit daarop om ons uit te moor en ons sien dit nie eers raak nie. Meeste van die tyd kry hulle alles in die mielieland wat gesteel was of langs die pad en die voertuig word ook meeste van die kere gevind….diefstal is n bysaak, moord is die motief.

RSA ·

En weereens n werker wat skuldig is. So dink hy hy gaan nou die plaas kry,
soos die meerderheid van hulle dink?

hoeveel plaasaanvalle was daar die laaste maand gewees,dit raak nou ooglopend dat daar iets aan die broei is

GES ·

SNEL ek stem saam dat diere darem lojaliteit het maar moordenaars en menslike afval soos hierdie het niks. Hulle is psigopate en moet uit die samelewing verwyder word.

M ·

Die wereld sal soveel beter wees sonder gemors soos hierdie, maar word deur ons regering beskerm. Hierdie gemors gaan maar net lekker leef in die tronk op ons belastingbetaler se geld.

michelle ·

Ek wil nie spoke opjaag nie… maar Frans Mohlatlego lyk baie soos ‘n bedelaar wat ruk in Polokwane homself as bedelaar voorgedoen het?!?!?

Marous ·

Openbare teregstelling is enigste opsie….en die wat nie daarmee saamstem nie , vergewis julle self met die gru tonele van dit wat alledaags geraak het . Geen rehabilitasie is moontlik nie. Lewenslank is ‘n mite. Hoeveel van die barbare is uit op parool of borg vir ernstige misdaad. Mense gaan begin reg in eie hande neem!!!!

Natalie ·

Goed gedaan SAPD bly hulle is so vinnig vasgetrek. Nou bid ons net dat julle bewyse indie hof staan en hulle vir n lang tyd in die tronk sal sit.

Poloks ·

Kan jy dit glo , die ene Frans Seswa, het gereeld by Mc Donalds robot in Polokwane gestaan en bedel!! Mag hulle vir lank toe gesluit word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.