Drie in hof vir moord op DA-navorser

court-hammer_thumbDie drie mans wat beskuldig word van die moord op Sherril Bester (50) het Donderdag in die Zeerust-landdroshof in Noordwes verskyn.

Kapt. Pelonomi Makau, woordvoerder van die polisie, het gesê Bathobotlhe Motseothata (24), Patrick Kgopolo Motlhaga (31) en Harry Meyer (32) se saak is tot 20 Oktober uitgestel. Hulle word aangekla van moord, huisbraak en motordiefstal. Hulle bly in aanhouding.

Makau het gesê die drie beskuldigdes het Bester glo op Saterdag 4 Oktober in haar huis in Ottoshoop met ʼn skerp voorwerp gesteek en verwurg. Die beskuldigdes het glo van Bester se klere en kos agter op haar bakkie gelaai en na ʼn nabygeleë informele nedersetting gevlug waar die bestuurder van die bakkie teen ʼn hek vasgery het. Die polisie het die bakkie opgespoor met die kos en klere wat steeds in die voertuig was.

Volgens Makau is een van die beskuldigdes in die bakkie gevind terwyl die ander twee kort hierna in hegtenis geneem is.

Bester was ʼn navorser vir die DA in die Noordwes-wetgewer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.