Drie in hof vir moord op sakeman

Die vuurwapen waarop beslag gelê is. Foto: Verskaf

Drie verdagtes wat in hegtenis geneem is ná die moord op ʼn 46-jarige eienaar van ʼn veiligheidsmaatskappy in Polokwane (Pietersburg), het Donderdag in die plaaslike landdroshof verskyn. Dié man is in Februarie ten aanskoue van sy 11-jarige seun koelbloedig doodgeskiet.

Brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder, het gesê die slagoffer se vrou, Nakedi Nelley Mathebula (42), staan tereg op aanklag van sameswering om moord te pleeg en haar twee medebeskuldigdes, Simon Ramela (40) en Johannes Matlala (41), op aanklag van moord.

Die saak is tot 26 April uitgestel wanneer die verdagtes na verwagting formeel om borgtog gaan aansoek doen.

Maroela Media het vroeër berig die sakeman, Ngoako Willium Mathebula, is op 20 Februarie teen 07:10 in Florapark voor sy seun en sy huishulp doodgeskiet.

“Die oorledene se seun was by die hek en op pad skool toe, toe drie onbekende mans hom gekonfronteer en terug in die huis ingedwing het,” het Mojapelo destyds gesê.

“Hulle het die seun en ook die huishulp in die oorledene se slaapkamer ingedwing, waarna hulle die man verskeie kere geskiet het sonder om ʼn woord te sê.”

ʼn Span speurders het sedert die voorval onverpoos gewerk om die skynbare sluipmoord te ondersoek. Ramela, ook ʼn sakeman, is op 27 Maart tydens ʼn klopjag by ʼn eiendom in Lephalale (Ellisras) in hegtenis geneem.

Dit het tot die inhegtenisneming van die slagoffer se vrou, wat glo in ʼn romantiese verhouding “met een van die samesweerders” is, en Matlala gelei.

Die polisie het ʼn beroep op Victor Mashakeng gedoen om hom by sy naaste polisiestasie aan te meld aangesien hy moontlik die polisie in hul ondersoek kan bystaan. Mense wat weet waar Mashakeng hom dalk bevind, word versoek om kol. Linkie Mathebula by 064 756 8218, kapt. Richard Boshomane by 079 894 5501 of Stop Misdaad by 0860 010 111 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

A ·

Ag nee, wanneer gaan dit ophou. Vir wat moet jy moord pleeg. Skei net en kry klaar en gaan aan met jou lewe. Vir wat moet jy jou kind deur soveel hel sit.

Sjoe ·

Sjoe en hier dink ek die wittes is die kriminele in die land . hoe verkeerd kan ‘n mens wees? Dit is die beeld wat na die buiteland uitgesaai word . dat die BLANKES in SA die kriminele is .. wat moet betaal vir hulle sondes.

Sies man ·

Sies man Nakedi, hoe kan jy jouself ‘n Ma noem, nou is jou kind wees, beide ouers in 1 onbesonne ondeurdenkte vinnige plannetjie. JY was baie wreed teenoor jou eie kind.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.