Drie in hof vir ontvoering van Jhb-sakeman

Argieffoto

Drie mans het Maandag in die Johannesburgse landdroshof in Gauteng verskyn in verband met die ontvoering van ʼn sakeman vroeër die maand.

Phindi Mjonondwane, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), sê Ricardo Uzair Sasman, Muhammed Waseem Mullah en Lebogang Gift Mamabolo is aangekla van ontvoering, roof met verswarende omstandighede, afpersing asook besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie.

Mjonondwane vertel dié drie mans word verbind aan die ontvoering van ʼn sakeman in Johannesburg op 2 Julie. Hy het op 20 Julie daarin geslaag om te ontsnap.

Volgens Mjonondwane het die mans tydens die sakeman se aanhouding ’n losprys van miljoene van sy familie geëis. Hulle het ook na bewering duisende rande se kontant uit sy bankrekening onttrek.

Die saak is uitgestel tot 3 Augustus waar die mans die geleentheid sal hê om formeel om borgtog aansoek te soek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.