[Video] Drie in hof vir padwoede-aanranding

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

Drie mans het Maandag in die Kaapstad-landdroshof verskyn nadat hulle na bewering ʼn man tydens ʼn vermeende padwoedevoorval só erg aangerand het dat hy ʼn week lank in die waakeenheid van ʼn hospitaal was.

Die voorval, wat in Junie 2015 op veiligheidskameras vasgevang is, wys hoe drie mans uit ʼn motor spring en ʼn man wat uit ʼn ander motor geklim het, gryp en erg aanrand. Die man kon ná die aanval glo daarin slaag om na ʼn nabygeleë polisiestasie te ry waar hy inmekaargesak het. Hy is daarna in ʼn hospitaal opgeneem.

Die nuusagentskap eNCA het die man sedertdien as Sonwabile Jakuja (35) geïdentifiseer.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het bevestig dat drie mans, wat Vrydag in verband met die voorval in hegtenis geneem is, in die hof verskyn het. “Die mans is geïdentifiseer met behulp van die beeldmateriaal van die voorval,” het hy gesê.

Eric Ntabazalila, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag (NVG), het gesê Wesley Odendaal, Ryan Monks en Tyler Myrdal het op ‘n aanklag van poging tot moord verskyn. Al drie is op borgtog van R1000 elk vrygelaat en sal op 17 Maart weer in die hof verskyn.

Die onderstaande video van die voorval is deur Crime Watch op YouTube gelaai en die uitlatings wat daarin gemaak word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media nie.

https://youtu.be/ubYFw37i5l4

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

DPJ ·

Hi mense keer terug na God drie-enig en lees jou Bybel elke dag dan sal daar nie meer iets wees soos padwoede nie.
Ons sal ‘n geseënde lewe in RSA lewe.

Louis ·

Ek stem saam DPJ. In tye soos nou moet ons terugkeer op ons knieë.
Wat help al die haatspraak en geweld. Die wat dit goedpraat en ondersteun moet regtig dink watter impak dit het. Berei jy weklik n toekoms vir jou kinders of is jy besig om die bietjie wat nog oor is te help afbreek. Die grootste gebod is liefde. Wat sou die verskil gewees as dit in liefde hanteer was. Respek, in plaas van n geweldadige video op Youtube wat verder haat bevorder. Nee wat , hulle moet maar vir hulle kry. Ek kan net bid en vra dat die Heilige Gees hulle oë sal open. Ek doen n beroep op alle blankes. Keer terug tot God . Moenie haat met haat vergeld nie. Wie die minste is sal die meeste wees. Jy hoef nie op jou te laat trap nie. Hanteer dit net wys.

Buitelander Praat ·

As straf moet hulle gemeenskap diens in plakkerskampe doen. Ja?

Paul ·

Hoe het hy na ‘n nabygeleë polisiestasie gery as sy kar dan daar in die pad staan met die polisie daarby aan die einde van die video?

Paul ·

Wag, ek dink die video is dalk verkeerd – daardie motor is moontlik nie ‘n polisiemotor nie?

Trots Afrikaans ·

Ek wonder wat sal ‘n mens sien as jy die video verder terug rol….

Tammy ·

Dalk kan ek die 3 outjies in diens neem vir n veilige voortbestaan. As jy van soveel misdaad teen ons eie mense lees en hoor is dit presies hoe jy voel.

Andrea van Vuren ·

Ek lees die opskrif van drie WIT mans wat ‘n swartman aangerand het. Ek wonder wat sou die opskrif wees as dit swartes was wat ‘n witte aangerand het? SO gaan die diskriminasie steeds voort.

Pieter.v ·

Ek keur die aanval glad nie goed nie, maar sal ook wil weet hoekom hier wit en swart genoem word,waar as dit anders om was, sou net genoem word dat drie mans n persoon aangerand word .

Karma ·

Eish, Stan – wat de duiwel het die feit of die ou ‘n lisensie het, te doen met die feit dat hy aangerand is? En ook met die Parys-moorde? Of met – wat ek veronderstel – jy identifiseer as die probleem met onwettige immigrante?

Die ou is aangerand deur ‘n trio (waarskynlik) dronk, testosteroon-belaaide latte. Ek weet nou nie so lekker van die erns van sy beserings nie, want ek het ‘n meer gedetailleerde weergawe van die CCTV-opname op die nuus vanoggend gesien en na die aanval het die ou nog met ‘n polisie-beampte (of was dit nou ‘n hulpgewer) staan praat terwyl hy oor sy kop vryf (wat oënskynlik nie gebloei het nie). As hy dan so ernstig aangerand was, sou hy seker nie staan en praat nie???

En nou moet dit moes alweer in die media ‘n rasse-kleurtjie en -geurtjie kry: die opskrif van die insetsel: “Black Male Beaten Up by 3 W/M in Cape Town”. Ai, ai, ai …….

Gert ·

Hoekom wys hulle nie ook vidios waar wit mense aan gerand , besteel , vermoor , dood gery , gekaap , gevloek , gemartel , en geskiet word nie . ?

Ben (:-) ·

ek dink nie die fliek is die waarheid nie – gooi maar die klippe ek steur my nie

pop ·

Ben ja, daars meer hier as wat ons sien. Waarvoor stop hy en gaan dirk na sy kattebak. Hy wou iets daar uithaal< maar die kinders was te gou vir hom< hulle pluk hom letterlik uit die agterkant van die motor. Nou wonder ek

Poppie ·

Wat my opval is die video wat sê black male…. 3 W/M. As dit andersom was, was kleur niw genoem nie.

Afroman ·

Onverskoonbaar beslis. En hierdie drie mans moet die gevolge van hulle dade dra. Maar in teenstand teen al wat ‘n Suid Afrikaner is wat nou weer na die voorval gaan verwys as wit-teen-swart rasisme wil ek wel die volgende uitsonder: 1) Die swart men het met opset sy motor gestop en uitgeklim in plaas daarvan om weg te ry. 2) Hy het toe uit die motor geklim en iets uit sy motor se bagasie-bak probeer haal: heel waarskynlik ‘n wapen (in die konteks van die video). Hy was net so gereed om te baklei soos die drie wat hom toe aangerand het.

Oom Boer ·

Die opskrif himself is alreeds ‘n aanduiding hoe menings vorming in gemeenskappe moet plaasvind. Daar steek meer agter die video wat nie na vore gebring word nie, en kom voor na uitlokking deur hierdie man wat wel kwetsende skel woorde kon toegesnou het asook hy was uit om ook liggaamlike beserings te veroorsaak met uitreiking na ‘n item of gevaarlike aanvals wapen in sy kattebak. Was dit ondersoek op die toneel? As die outjies nie so vining opgetree het nie kon hul ernstige nagevolge gehad het. Maar ons weet noual wat die gevolge gaan wees want hul 3 mannetjies is mos die verkeerde kleur. Die wye media sou nie so ‘n berig geplaas het of ophef gemaak het as dit andersom was nie.

nig ·

Oom Boer – ja, soos jy sê: die outjies het vining opgetree – TE vinning. Jy maak allerhande afleidings wat jy nie kan staaf/bewys nie. Hulle moes eerder hulself ingehou en aangery het en die saak gerapporteer het. Het daar niks van gekom, wel dan was hul gewetens en hul hande nou skoon. Padwoede is onverskoonbaar – ons samelewing dink alles kan met geweld reggemaak word.

Japie ·

Kyk na die robot .Rooi vir golf en dan begin pyl groen flits na regs.Hulle is reen in middel van aansluiting wanneer plyn begin groen flits na regs.Ek sal sê draai video nog terug.

M.G. ·

GEEN aksie behoort met sulke dade “reggesien” te word nie. Of die persoon swart of wit is. Hoe kan enigiemand hier LEKKERKRY? O en ek wag vir die trolle om my aan te val

tamboti trol ·

Liefste M.G.
1) die klaer het met hoofligte wat nie gedomp is nie, in stedelike gebied en met aankomende verkeer gery?????
2) dan het die klaer op erge provokerende wyse reguit na die “verdagtes” se voertuig gery en dan ligte geflits ONGELUKKIG WYS AANGEHEGDE VIDEO NIE ALLES NIE, dit is wel op internet beskikbaar.
3) die “verdagtes” beweeg dan selfs terug sodat die klaer kan ry, maar hy doen nie.
En dan is die koeel deur die kerk!
4) wanneer die “verdagtes” die klaer aanval (eers net een) lyk die man onvas of lomp – moontlik onder invloed van drank ja.
5) die “verdagtes” het net met die vuis geslaan en vermoedelik een hou met knieg – geen wapens gebruik
Nou word ‘n klagte van MOORD gemaak????
6) op die video blyk dit nie of die klaer enigsins gebloei het nie (die meer volledige video)
7) hy het self opgestaan en rond gestrompel
En dan was hy ‘n week in die waakeenheid, regtig???
Ek ken nie die volle omstandighede nie maar ek weet dat moedswillige en roekelose bestuurders baie ongelukke veroorsaak en selfs lewens neem, en hulle kom weg daarmee of word heeltemal te lig gestraf. Dit sal baie goed wees as meer van hulle so “reggesien” word sodat daar weer respek vir ander in hierdie land kan wees.
Dit sal gepas wees as die hof in hierdie geval wel die saak volledig ondersoek en wel bevind wie het eerste oortree, en daarvolgens oordeel of die aanvallers se optrede uit oppertunisme of provokasie was.

Michiel ·

@Tamboti – sarkasme gesien – voel jy nou beter? Ek herhaal GEEN aksie behoort met sulke dade “reggesien” te word nie. Kyk waarop het dit uitgeloop. Padwoede is onverskoonbaar. Te alle tye.

E.K. ·

Tamboti – jy het nie ‘n idee wat die woord respek beteken nie. Jy wil nou dit goedkeur dat mense aangerand word want vlg jou sal hul dan so respek leer? Huh?

E.K. ·

Willie – 100%. Nou wil mense maak asof dit maar reg is, want die swart man het DALK nou dit of dat gedoen! Mens neem nooit die reg in eie hande nie. Sorg dat jy ‘n dashcam koop – dis GLAD nie duur, neem sulke dinge op as bewys en gaan polsiie toe, maar om jou aan sulke barbaarsheid skuldig te maak…aikona, jy is dan NE so sleg as waarvan jy ander beskuldig.

Willie ·

Maroela
EK wil asseblief ‘n verduideliking he waarom my kommentaar van vroeg vanoggend verwyder is. Julle laat dit voorkom asof my kommentaar kwetsend was,wat GEENSINS so is nie,so,asb,verduidelik vir my waarom??
Dankie
Willie

Landi Slatter ·

Dagsê Willie

Dankie vir jou navraag. Kommentaar wat nie aan ons bepalings en voorwaardes vir lesersdeelname voldoen nie, word ongelukkig verwyder.
Vergewis jouself gerus van dié maatreëls om seker te maak dat jou kommentaar nie uitgevee word nie.

Groetnis
Landi
nms Maroela Media

Charmaine ·

So dit beteken padwoede is aanvaarbaar ?More is dit dalk ek of jy,wit, bruin of indier en ons kan maar gemartel word,net omdat iemand bevrediging daar uit put???

jakoos ·

@Charmaine – dis net soos jy en paar ander sê. Barbaarse gedrag (in hierdie geval padwoede) is nooit aanvaarbaar nie PUNT. Nou wil party mense wraggies redes gee waarom dit hierdie geval aanvaarbaar is dat drie mense een ander mens aangerand het. Mor ekla dieselfde klomp as drie swartes ‘n wit ou aanrand… Laakbare gedrag. Iemand hoef ook nie te bloei om gehospitaliseer te word nie, mens kan harsingskudding kry van houe teen bv die kop ens.

Lana ·

Ek het so maand of twee terug na die video gekyk en myself so vererg. Op daardie berig is dit genoem dat dit in Tableview gebeur het. Dit is heelwat gevaarlik in die aande daar, baie aanrandings gebeur en ek vermoed die meeste het drank betrokke. In hierdie video (die oorspronklikke een is langer) kan mens duidelik sien hoe die aangevalde man sy kar stop en iets uit die boot probeer kry. Seker ‘n wheelspanner. In sulke gevalle glo ek die aangevalde moet redelik onder die invloed wees of nie nuus lees nie. Dit is Suid Afrika, NIEMAND stop net langs die pad nie. Veral nie as ander mense agter jou aan is nie. Jy kom tot die naaste polisie stasie en gaan maak dadelik ‘n klag. Al het die een man die aangevalde se kar geskop, wat dui op moeilikheid soek – mens moet onder geen omstandighede tot stilstand kom nie. As hy net aangery het en dadelik by die polisie die voorval aangemeld het – was hy dalk nie in die hospitaal nie, kon die polisie die manne gaan soek het en seker dan arresteer op ry onder die invloed.

tamboti ·

O ja en padwoede is grootliks daaraan toe te skryf dat mense die reg in eie hande wil neem omdat jy nie meer ‘n oortreder by polisie kan gaan aankla en daar daadwerklik en effektief teen hierdie oortreders opgetree word nie.

Danie Kok ·

Landi Malan

Ek aanvaar dat jy/Maroela my geblok het om kommentare te plaas. Dis reg so, dit is immers julle prerogatief om dit te kan doen. In elk geval, al weier julle om my ‘n spreekbeurt te gee wil ek nogtans net dankie sê dat jy Karma se Godslasterlike opmerking verwyder het.

Sune van Heerden ·

Dagsê Danie

Ek kan bevestig dat jy nie “geblok” is om kommentaar te lewer nie – minstens 16 van jou kommentare is in Februarie alleen goedgekeur vir plasing op Maroela Media. Kommentare word slegs verwyder wanneer dit nie aan ons bepalings en voorwaardes vir lesersdeelname voldoen nie.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Danie Kok ·

Suné van Heerden

Dankie vir jou terugvoer Suné. Dis waar, ‘n klompie van my kommentare is wel geplaas in Februarie maar net in die laaste week is basies almal afgekeur en ek glo regtig nie dat julle bepalings en voorwaardes oortree was nie – ek dink dit was eerder ‘n geval dat my kommentare julle bloot in ‘n onvleiende lig geplaas het. Dit het my onder die indruk gebring dat ek wel geblok is. Die handige standaard verskoning van Maroela is altyd “bepalings en voorwaardes” as ‘n kommentaar hetsy verwyder, of glad nie geplaas word nie. Die konsekwente en onpartydige toepassing van die “bepalings en voorwaardes” laat egter veel te wense oor. As ek die enigste een was wat gekla het daaroor sou dit verstaanbaar wees, maar self het ek al talle oorblufte reaksies van deelnemers gesien wat dieselfde ervaring gehad het. Maroela moet waak dat hul integriteit nie onder verdenking kom nie. Dis verstaanbaar dat daar beskermende maatreëls moet wees maar eerlike objektiwiteit loop daarmee hand in hand saam.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.