Drie in hof vir Tokai-moord

Franziska en haar pa Andreas

Franziska en haar pa Andreas

Die drie verdagtes wat in hegtenis geneem is in verband met die moord op die 16-jarige Franziska Blöchliger sal Donderdag in die Wynberg-landdroshof verskyn.

Lt.kol. André Traut, woordvoerder van die polisie, het vroeër gesê drie verdagtes, tussen 22 en 27 jaar oud, is Dinsdagaand in verband met die tiener se moord in hegtenis geneem en word tans ondervra.

Franziska is Maandagmiddag in die Tokai-woud in die suidelike voorstede van Kaapstad vermoor. Die gr. 10-leerder het saam met haar ma en suster en die gesin se hond in die Tokai-woud gaan stap. Sy het in ʼn stadium vooruitgedraf en sou haar ma en suster verder aan weer ontmoet het. Haar ma het bekommerd geraak toe sy ná ʼn sekere tyd nie teruggekeer het nie en het hulp ontbied.

Traut het Dinsdag gesê die meisie se lyk is Maandag omstreeks 18:15 in Dennedalweg gevind. “Ons vermoed sy is verwurg.”

Lees alle vorige berigte oor die moord in Tokai op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Jeanette ·

My hart is so seer sy is so jonk en so pragtig my innige meegevoel met die ouers en familie sterkte ek is so bly hulle is gevang dis so wreed

Annelie ·

My hart breek vir die familie. My dogter is dieselfde ouderdom en die hele storie raak my hart vreeslik. Kan myself nie eers indink die hartseer wat die familie beleef nie. Jy kan net van die bose wees as jy so iets doen aan so pragtige jong dogter. Weet nie hoe ‘n mens ‘n ander so seer kan maak en vermoor nie, kan hulle nie vergelyk met diere nie, want diere is nie eers so wreed nie.

knersus D ·

Enige mens van enige land het die reg om in SA te leef en ‘n bestaan te maak, op voorwaarde dat hulle wettige kanale gevolg het vir die reg om hier te wees. Dit kon net sowel ‘n Suid Afrikaner gewees het.

Daar is egter baie feite wat nie vir my wil sin maak nie, maar ek sal wil sien dat die skuldiges uit die samelewing verwyder word.

Ronel ·

BRING TERUG DIE DOODSTRAF, WIT, PIENK, BRUIN, GEEL, SWART, PERS, ENIGE KLEUR WAT HOMSELF/HAARSELF AAN SULKE GRUWELIKE DADE SKULDIG MAAK, HOORT NIE IN DIE SAMELEWING NIE. DIS AL WAT HULLE GAAN STOP!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.