Drie in hof vir wapens, horings

Twee van die drie verdagtes wat Donderdag in die hof verskyn het. (Foto: SA Polisie)

WAARSKUWING: Hierdie berig bevat foto’s wat sommige lesers kan ontstel en nie geskik is vir kinders nie.

Drie mans wat Dinsdag in hegtenis geneem is op aanklagte van die onwettige besit van vuurwapens en oortredings van die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur en Biodiversiteit (Nemba), het vroeër vandag vlugtig in onderskeidelik die Klerksdorp- en Jouberton-landdroshof in Noordwes verskyn.

Die mans, onderskeidelik 23, 35 en 43 jaar oud, is in ʼn intelligensie-gedrewe operasie deur die Valke, die polisie se intervensie-eenheid, asook die eenheid wat onwettige mynbedrywighede ondersoek, in hegtenis geneem.

Nog een van die verdagtes. (Foto: SA Polisie)

Kapt. Tlangelani Rikhotso, woordvoerder van die Valke, het gesê die eerste verdagte is op ʼn plaas naby Klerksdorp in hegtenis geneem. Hy is in besit van ʼn jaggeweer, haelgeweer, rewolwer, pistool en ʼn groot aantal leë koeëldoppies en ammunisie gevind.

“Verdere ondersoek het die span gelei na nóg ʼn plaas, naby Hartbeesfontein, waar nog twee verdagtes in hegtenis geneem is. ʼn Verskeidenheid vuurwapens, waaronder ʼn jaggeweer, pistool en rewolwer, is gevind,” het Rikhotso gesê.

Die polisie het ook beslag gelê op 100 renosterhorings, vier tierkarkasse en Amerikaanse dollar ten bedrae van sowat R15 000.

Die ondersoek duur intussen voort.

Rikhotso het gesê die saak teen die mans is tot 15 Desember uitgestel, wanneer hulle na verwagting aansoek om borgtog gaan doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

15 Kommentare

jongste oudste gewildste
Geitjie

GEEN BORGTOG NIE!!!

Annelie du Plessis

Wat ñ skande, sluit hul toe en gooi die sleutels vir altyd weg. Ons is veronderstel om dit wat deur God geskape is, op te pas, nie vir Mamod te offer nie. So teleurgestel in dié mensdom se sug na maklik geld verdien as om hard te werk daarvoor.

Cornel Rothmann

Kry vir julle! Seker gedink julle gaan wegkom. Verdiende loon

Anti Da

Lewenslank. Die kopers oorsee sal natuurlik skotvry afkom.

Anoniem

Sluit toe vir jare