Drie in hof wat glo R2 miljoen by maatskappy steel

Roland Smit, Michael Harris en Alice Smit in die hof in Mbombela, Mpumalanga. (Foto: Verskaf)

Drie verdagtes, onder wie ’n egpaar, het Vrydag in die landdroshof in Mbombela, Mpumalanga, verskyn op aanklag van diefstal, korrupsie en bedrog.

Roland Smit (46), Michael Harris (38) en Alice Smit (40) word daarvan beskuldig dat hulle die voedselverspreiders Crown National in Mbombela uit meer as R2 miljoen bedrieg het.

Kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, woordvoerder van die Valke, sê Roland Smit en Harris was in 2018 bestuurders by Crown National toe hulle teen die beleid van die maatskappy gegaan het en glo vervoerdienste aan ander vervoerondernemings uitgekontrakteer het.

Dié ondernemings is na bewering met Crown National se geld betaal. Roland Smit en Harris sou na bewering die geld daarna in hul persoonlike bankrekeninge oorbetaal.

Alice Smit het as die administrateur namens hierdie maatskappye opgetree en geld is glo ook in haar persoonlike bankrekening oorbetaal.

Crown National het in die proses ’n verlies van R 2 289 608 gely.

Sekgotodi sê die verdagtes is gister al drie op borgtog van R10 000 vrygelaat voordat die saak tot 20 Augustus uitgestel is vir verdere ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

christo ·

Seker gedink hulle is ANC politici. Het hulle gedink hulle gaan daarmee wegkom? Net die ANC het die korrupsie ‘jail free’ kaart.

Moedeloos ·

Sjoe wonder of hierdie egpaar kindes het. Indien wel wie gaan na hul omsien in die toekoms as hul skuldig bevind word en tronkstraf uitdien

Boeing ·

Dit is darem so jammer dat ons so afgetrek word na die onderste lae van die bevolking in plaas daarvan dat ons hule ophef!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.