Drie in hof wat staat glo uit miljoene bedrieg

geld 4 kontant rand

(Argieffoto)

ʼn Voormalige direkteur van die departement van onderwys, haar seun en skoondogter het Maandag in die landdroshof in Nelspruit verskyn nadat hulle na bewering die staat uit meer as R6,4 miljoen bedrieg het. Die seun en sy vrou was by dieselfde departement werksaam.

Die voormalige direkteur, Pinky Norah Mbatsane (66), haar seun, Sibusiso Mbatsane (46), en sy vrou, Nancy Mbatsane (47), staan tereg op aanklagte van bedrog, diefstal en geldwassery.

Kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, woordvoerder van die Valke, sê Sibusiso en Nancy het glo in Mpumalanga rondgegaan en private maatskappye vir tenderkontrakte gewerf. Sibusiso het as inspekteur vir die departement gewerk en Nancy was in beheer van voedingskemas by skole.

“Hulle het na bewering dokumente van dié maatskappye geneem, by die departement ingedien en voorgegee dat hierdie maatskappye dienste aan die staat gelewer het,” sê Sekgotodi.

“Hierdie maatskappye sou dan betalings van die departement ontvang, en die drie beskuldigdes sou later die geld van die eienaars van die maatskappye verhaal.”

Die staatsdepartement het ʼn algehele bedrag van ongeveer R6,4 miljoen aan dié maatskappye oorbetaal.

Die drie beskuldigdes sal na verwagting weer op 12 Julie in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Elize ·

Hulle het die grootste skepemmers wat nooit volgenoeg kan word nie! Wanneer gaan daar gestop word met hierdie gemors?

Tanniepetoors ·

Hierdie voormalige skoon, oop provinsie se staatsdepartemente het verander in ‘n addernes van korrupsie. Hier moet eerlike besighede lig loop.

Pietertjie ·

Ek wens só dat die opskrifte van hierdie tipe berigte die waarheid beter deurgee : “Drie in hof wat BELASTINGBETALERS uit miljoene bedrieg”. Die Staat bedrieg ook die belastingbetalers met hulle ongeoorloofde vermorsing van geld en hulpbronne.

Angela ·

En so gaan duisende honger kindertjies elke dag kaalvoet met vervleterse kleurtjie skool toe met die hoop op ‘n warm bord kos. Maar nee die groot mense vreet hulle pense vol aan die duurte kos en drank en voel niks vir hierdie weerlose kinders. Ek dink daar is ‘n spesiale plek in die hel vir sulke mense. Binnekort eet hulle lekker tronk kos en kry ‘n hard grey’s kombers in hulle nuwe mansion.

B-Man ·

As staatsbeampte moes hierdie Ma mos al afgetree het. Seker te lekker geskep en nou is sy nie meer so “smart” as wat sy gedink het nie.

Stofdonkie ·

R 6,4 miljoen waarvan hulle weet, kanse is goed dat daar transaksies is waarvan die departement nie eers weet nie. R6,4 miljoen sal my lewe op die stadium baie positief beinvloed.

Thelsa ·

Die persoon wat die betalings goedgekeur het, is net so skuldig aan korrupsie, pligsversuim en nalatigheid. Hulle werk almal saam en deel in die korrupsie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.