Drie in Pinetown, KZN geskiet

geweerDrie mans is Woensdagoggend in Pinetown in KwaZulu-Natal geskiet en gewond.

Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare 911, het gesê die voorval het omstreeks 07:00 in Voortrekkerstraat plaasgevind. “Die rede vir die skietery is nog onbekend en word deur die polisie ondersoek,” het Botha gesê. Hy het gesê die slagoffers is op die toneel behandel en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verder behandeling.

Kol. Jay Naicker, ʼn polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê inligting is nog skaars, en dat die polisie teen 09:30 nog op die toneel was om die voorval te ondersoek. “Ons sal in ʼn later stadium meer inligting kan verskaf,” het Naicker gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.