Drie in skietgeveg met polisie dood  

Argieffoto (Foto: Kent Williamson)

Die polisie in KwaZulu-Natal het Donderdagmiddag drie vermeende huurmoordenaars in Eshowe doodgeskiet.

Volgens kol. Robert Netshiunda, polisiewoordvoerder, het beamptes inligting opgevolg oor gewapende verdagtes wat glo op pad was om ʼn sluipmoord uit te voer.

Die verdagtes is naby King Dinuzulu in Eshowe voorgekeer en polisiebeamptes het vir hulle beduie om stil te hou.

“Die verdagtes het weggejaag en ʼn hoëspoedjaagtog het gevolg. Toe hulle besef dat die polisie hulle inhaal, het die drie verdagtes uit hul voertuig geklim en op die polisie losgebrand. Die beamptes het teruggeskiet en die drie verdagtes is tydens die skietgeveg noodlottig gewond.”

ʼn Polisiebeampte is tydens die skietgeveg gewond.

Twee vuurwapens en ammunisie is in die verdagtes se besit gevind. ʼn Handgranaat en nog ammunisie is in die verdagtes se voertuig gevind.

Volgens Netshiunda was twee van die oorledenes na bewering betrokke by verskeie sake van taxi-verwante moord en poging tot moord in die King Cetshwayo-distrik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

koos ·

Wel, dit lyk al klaar verdag dat al drie sommerso geskiet is. Ek vermoed eerder dat ‘n persoon of persone in blou uniforms vanuit die taxi baas se gatsak lewe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.