Drie in woonstelblok doodgeskiet

Die toneel waar die skietery plaasgevind het. Foto: Rescue Care

Drie mense is Maandag in ʼn woonstelblok in Durban se middestad in KwaZulu-Natal doodgeskiet.

Volgens paramedici is twee mans en ‘n vrou doodgeskiet en minstens nog vier mense is beseer. Die skietery het glo in ʼn woonstelblok, wat vir studentebehuising gebruik word, plaasgevind.

Die woonstelblok is glo naby die Durbanse hooggeregshof en ʼn polisiestasie geleë. Daar word vermoed dat die skietery moontlik met huishoudelike geweld verband hou.

Paramedici en die polisie is op die toneel.

Meer inligting volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Nita ·

Mmmm studente behuising. Huishoudelike geweld. Skietery. Dit se baie van vandag se sogenaamde studente.

Griet ·

Huidige studente …. ons toekoms! Sak my kop in skaamte vir die jeug.
Hulle kan skaars lees of skryf maar wil graag hul kitare slaan.

Cathy ·

Ag nee regtig mense. “Vandag se studente”. “Sak my kop in skaamte”? Onthou die storie van Jesus wat die lyn in die sand getrek het? Ons moet ophou almal en alles in ‘n negatiewe lig sien. Dis juis ons almal se negatiwiteit wat dalk net na die jeug oorgredra word. Al daaraan gedink?

Cathy ·

Ek wil net noem ek dink dis horrible wat gebeur het. Tragies en ons ken nie omstandighede nie. My comments is gerig op die ander judgements (nie comments) wat ons so graag rondgooi

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.