Drie jong kinders sterf in ongeluk

Die ongelukstoneel op die N1 digby Touwsrivier (Foto: Verskaf)

Vier mense, van wie drie jong kinders, is dood in ʼn ongeluk Donderdagoggend op die N1-hoofweg digby Touwsrivier in die Wes-Kaap. ʼn Ligte voertuig het na wat verneem word agter teen ʼn vragmotor vasgery.

Jandré Bakker, woordvoerder van die provinsiale departement van vervoer, sê voorlopige ondersoek dui daarop dat die vragmotor op die hoofweg stilgestaan het nadat dit onklaar geraak het. Dit is toe dat die ligte voertuig agter teen die vragmotor vasgery het.

Vier mense is in die ongeluk oorlede. Dit sluit drie vyfjarige kinders in.

Die enkele oorlewende – ʼn volwasse man – is na ʼn hospitaal in Worcester geneem vir verdere mediese behandeling.

Die N1 naby Touwsrivier is net voor 09:00 vir verkeer oopgestel na dié pad vir ʼn uur lank heeltemal vir motoriste gesluit was.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Miskruier ·

Jammer kids, in hierdie land is daar nie meer wet en orde nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.