Drie jong mans op plaas oorval en aangerand

Marcel Krous in die hopsitaal. (Foto: Verskaf)

Drie jong mans is Woensdag in die vroeë oggendure op ʼn plaas in die Rust de Winter-omgewing buite Pretoria oorval waarna twee met draad vasgebind en ʼn ander ernstig aangerand is.

Marcel Krous (21), Brandon Smit (21) en hul ander huismaat, Franco (20), is Woensdag omstreeks 03:00 wakker gemaak deur vier gewapende verdagtes wat deur ʼn venster toegang tot die huis verkry het.

Dié drie huismaats het sowat ʼn maand gelede op Gerrie Smit, Brandon se pa, se huis op die plaas ingetrek.

Smit het Donderdag aan Maroela Media vertel dat Marcel die aand in ʼn slaapkamer af in die gang geslaap het terwyl Brandon en Franco in die sitkamer geslaap het. Die verdagtes het glo heel eerste vir Marcel wakker gemaak waarna hulle hom erg met ʼn moersleutel aangerand het.

Cherise Krous, Marcel se ma, glo dat haar seun moontlik geskrik en terugbaklei het. “Hulle het hom teen sy regteroogbank geslaan waarna sy skedel gekraak het. Hulle het ook vir Marcel agter sy regteroor getref en sy oortrom het gebars. Nadat hy bewusteloos geslaan is, het hulle hom net daar gelos.”

Smit vertel dat die verdagtes daarna glo na die sitkamer gegaan het waartydens ʼn skoot afgevuur is om Brandon en Franco wakker te maak. Dié twee het gevolglik opgespring waarna ʼn verdagte een van hulle met water in die gesig gegooi het.

Brandon en Franco is daarna gedwing om op hul maag op die grond te lê waarna hul hande en voete met draad vasgebind is. Die huis is daarna omgekeer en die verdagtes kon met ʼn bakkie, motorfiets, kluis, jaggeweer en elektriese toestelle op die vlug slaan.

Brandon en Franco kon daarin slaag om hulself los te wikkel en het na die buurplaas gehardloop om hulp te ontbied. Marcel is inderhaas na ʼn hospitaal in Pretoria geneem.

Smit vermoed dat die verdagtes die plaashuis al ʼn geruime tyd dopgehou het voordat hulle Woensdagoggend toegeslaan het.

Volgens Smit is ʼn skoot sowat ʼn week gelede op dié plaas afgevuur. Marcel was toe alleen by die huis. Daar was ook glo voorwerpe uit ʼn chalet op die plaas gedra.

Smit verduidelik verder dat sowat drie van sy plase in die distrik se drade Woensdag geknip is om by die plaashuis te kom. “Daar is ʼn kamera in ʼn kamp op die eerste plaas. Ek glo hulle wou dié kamera vermy. Ná die aanval het hulle seker nie omgegee om gesien te word nie en die kamera het hulle afgeneem toe hulle in die bakkie wegry.

“Dit was vir seker beplan. Hulle het ook hul hande tydens die aanval bedek en geen vingerafdrukke gelos nie.”

Marcel sterk tans aan in die hospitaal se waakeenheid nadat hy Woensdagaand ʼn operasie moes ondergaan om die bloeding op sy brein op te klaar. Brandon en Franco is nie in ʼn hospitaal opgeneem nie maar erg getraumatiseer, vertel Smit.

Smit en Krous herleef die vroegoggendoproep wat hulle koud gelaat het. “Ek was mal. Jy kan jou net indink as jy daardie tyd van die nag ʼn oproep ontvang en hoor jou kind is aangeval,” vertel Krous.

“Ek kan nie dink hoe moet ou mense tydens só ʼn aanval voel nie. Die seuns is nog jonk en sterk. Ou mense kan hulself nie verdedig nie.”

Konst. Connie Moganedi, polisiewoordvoerder, het die voorval aan Maroela Media bevestig. Volgens Moganedi is niemand nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die polisie ondersoek ʼn saak van huisroof.

Mense word versoek om enige inligting rakende die voorval by Stop Misdaad 0860 010 111 aan te meld of die Cullinan-polisie by 012 734 0751 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

49 Kommentare

Hector Jooste ·

Hoekom is dit slegs ‘n saak van huisbraak wat ondersoek word? Wat van poging tot moord??! Die SA-regsisteem is absurd!

Anni ·

Vra ek ook? As jy iemand met ‘n moersleutel slaan dat hy so lyk, en daar is bloeding op die brein, kan dit beslis maar deurgaan as poging tot moord, nie eers aanranding met die doel om ernstig te beseer nie.

Thinus Erasmus ·

Weereens ‘n geval waar SAPD nie die saak reg hanteer nie, daar is verskeie oortredings waaronder poging tot moord of aanranding met die doel om ernstig te beseer, en dit is ook nie net huisroof nie maar gewapende roof – met ‘n skoot wat afgevuur is.
Die SAPD gee eenvouding nie om vir wit slagoffers nie!

Donderstorm ·

Net n saak van huis roof om n mens se skedel te kraak is poging tot moord hy kon netsowel dood gewees het .

Gerhardb ·

Net Huisroof??? Wat van bykomende klagtes Poging tot moord, Aanranding met die opset om ernstig te beseer…wonder net of dit sal bygevoeg word.

Johan ·

Huisroof??? Wat van poging tot moord en aanranding met die opset om ernstig te beseer????

Great white ·

Omhein jou plaashuis, sorg dat genoeg ligte die area reg om jou huis verlig in die nag, kry groot honde indie area om jou huis, hou kleiner hondjies in die huis om alarm te maak, sorg dat jou kamer n traliehek voor die deur het en slaap met jou vuurwapen byderhand Indien jy nog nie aangeval is nie, verwag dan dat jy binnekort n teiken gaan wees van n klomp lafhartige moordenaars.

Willem Grobler ·

Sekuriteit moet oral opgeskerp word. Die dae van lekker houtgerus lewe is verby – al wat jou gaan red is paraatheid en jou wapen byderhand.

Petrus Heigers ·

Die ergste is dat ou cillie [min. polisie] dat hy alle blankes ontwapen het!

Daleen ·

Watse moord?????? hulle het mos niks verkeerd gedoen nie, net gevat wat hulle glo aan hulle behoort (sarkaties bedoel). Sal nooit ooit weer iets hiervan hoor nie, die dockets is al KLAAR weg, van die toneel tot by die stasie

Thinus Erasmus ·

Weereens ‘n geval waar SAPD nie die saak reg hanteer nie, daar is verskeie oortredings waaronder poging tot moord of aanranding met die doel om ernstig te beseer, en dit is ook nie net huisroof nie maar gewapende roof – met ‘n skoot wat afgevuur is.
Die SAPD gee eenvouding nie om vir wit slagoffers nie!
Ek sal dit weer se.

Hannah ·

Ek stem saam met jou Tinus.
Die SAPD se leuse is mos…
Ons Beskerm en Dien……
En as jy die klein skrif onder dit lees…

Die krimineel..Mòordenaar…..

Carel ·

Vriende
Ons sal moet n plan maak. Ek weet nie wat nie maar so kan dit nie aangaan nie
Ons word uit ons eie land verdryf

verbitter ·

as mense hulle moet uitleef oor hoe ek regtig voel na ek hierdie soort van goed lees, word hierdie land binne n dag omgedop.

WILLEM ·

Ja nee Carel n mens raak moeg vir sulke dinge en kwaad as dit nou van hulle mense was dan sit hulle die hof vol en raak oproerig brand alles en wat nog beloftes word net gedoen maar daar word nie opgetree nie deesdae is alles rassisties en wat nog meer en stem saam met jou dit kan nie so aangaan nie onskuldige mense word aangerand en vermoor wie betaal die kostes van hospitale en begrafnis ondernemers die slag offer se familie betaal dit en eish die diens by sekere hospitale sleg n mens moet sommer n eis teen die STAAT instel en vir CR stuur dan verwag hulle stemme sorry ek stem nie is altyd leee beloftes en eish praat nie eens van die Staat Kaping nie die geld het mooi gesels en sakke vol ook ONS NET GLO EN VERTROU DAT DIE PERSOON WAT ERG BESEER IS SAL TEN VOLLE HERSTEL hy lyk erg op pic woorde kan baie se maar nou ja swyg n ander antwoord

toy ·

Elkeen van hulle wat mense so aanval en vermoor se dag gaan kom.

honourable member ·

POGING TOT MOORD, AANRANDING MET DIE DOEL OM ERNSTIG TE BESEER. Hierdie was verseker nie net n huisroof nie.

PJC ·

Die georganiseerde manier waarop hierdie aanval plaasgevind het laat ń mens met aalerlei vrae. Dit laat ń mens wonder of hierdie ouens dalk voorheen een of ander uniform gedra het of nog steeds dra. Die manier waarop die polisie dan agterna sulke gevalle ondersoek maak ń mens dan nog meer agterdogtig want dit lyk of hulle met opset die ondersoek so hanteer.

Ccb ·

Weereens Kameeldrif omgewing. Naka is ook daar aangeval, so ook nog vele ander. Nooit gehoor dat iemand gearressteer is nie.

Louw ·

Dit is net verbasend hoeveel aanvalle in daardie omgewing plaasvind en nooit word iemand gevang nie. Nou wonder ek maar net of die polisie regtig iets doen. Of werk hulle net vir die departement van statistiek deur net die aanvalle op te teken.

Posduif ·

Ek het simpatie….rerig. Ek verstaan net nie hoekom is daar nie alarmstelsels, ligte en CCTV op die regte plekke nie, een kamera in die kamp is mos om teen die wind te p..p.

James ·

So as jy wit is en aangeval word en byna dood geslaan is is dit huisroof. As jy n dief polisie toe vat en hy spring tot sy dood is jy n rasis en moord en lewenslank…

Magaretha van heerden ·

Wanneer gaan die mense leer om beurte te maak om te slaap. Een kan wakker bly en die ander wakker maak as iets gebeur.

Fanie ·

Daar word aanmekaar gese genoeg is genoeg waneer gaan dit regtig genoeg wees ek is tot bo my keel gatvol vir hierdie tiepe gemors in suid afrika is daar dan geen blanke wat kan opstaan en leiding neem nie ek vra maar net asb kom mense laat net iets gebeur

Piet kokewiet ·

Ek stem Fanie wens iemand kan opstaan vir ons. En sou jy nou wee 1 van die gevang het dan was jy skuldig bevind.

LAppies ·

yep indien hul gevang word is die straf mos nou ligter of die saak nie so ernstig vir die ondersoekende beamptes nie,,,,was dit nou anders om, was alle hel los,,,

nico ·

Ons sal moet leer om voorsorg te tref vir gevalle soos hierdie. Ons lees elke dag van gevalle soos die, maar ons is nie paraat genoeg nie. Ons bly in n land vol kriminele en ons KAN voorsorg tref. Ons het mos nie n F in Matriek gekry nie!

Natascha ·

Hi Nico, jy kan hoe paraat wees, as die do____ wil in sal hul plan maak, waarom dink jy doen hul dit in groepe en in die nag?? Jou veiligheid kan hoe opgeskerp wes, hul vind n manier om in te kom.

Gerrie Smit ·

Dit het op my plaas gebeur.Ek glo die bykomende klagtes sal bygevoeg word.Ek moet byvoeg dat die modus operandi in die gebied bykans ooreenstem.Dit is n goed georganiseerde groep terroriste wat met militêre presiesheid werk.Cullinan SAPS het die rapporteeing van die klagte baie goed hanteer en die persoon wat my telefonies gehelp het was puik.Ek gaan die vordering en hanteeing van die saak fyn dophou.Dis hoogtyd dat daar n dedicated SAPS taakspan saamgestel word wat hierdie terroriste kan elimineer.As daar vir bende-geteisterde gebiede spesialis eenhede gegee word,dan kan die SAPS dit in die Kameeldrift,Leeuwdontein,Cullinan en Rust de Winter areas ook doen.Ons moet begin laer trek soos ons voorvaders,dis al manier hoe ons gaan oorleef.

Abe ·

Gerrie Smit,
Rapporteer asb. aan MM die vordering van hierdie saak sodat ons op hoogte kan bly.

Chantãl ·

Baie sterkte vir jul 3. . . Onthou net , Niks maar niks word omgesien nie.

Hoop jul kom sterker manne hierdeur.

Gaan kyk gerus na die KALAH SYSTEM en gaan neem deel daarin vir jul veiligheid in die toekoms.

Natascha ·

Lafaards, kom altyd in groepe. Kan nie een een toeslaan, wnat hul weet hul sal nie n kans he nie. Dit is def nie roof allen, dit is rasisme. want hoekom die mense seermaak en aanrqand, hoekom nie net vat wat jul wil.
Sterkte aan die 3 seuns. Ons bid vir n spoedige herstel.

leser ·

Sterkte manne- maak julself meer paraat – ek het erens gelees bye kan dalk ook help – breek nie nes oop wanneer die aanvallers kom – hulle sal gou weghardloop – .
Dink aan julle.

Lanie ·

Hemel, rand hulle aan of moor hulle gaan ons tronk toe, maar hulle kom weg daarmee. Waar is die veiligheid van ons land.

Elvira ·

Moet tog net nie aan hierdie kriminele wat op julle grond oortree het, raak nie. Want dan sal daar ewe skielik n liegbek ooggetuie opduik en julle sit in die tronk. Dis mos hoe dit werk in hierdie land.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.