Drie jong mans sterf ná bakkie by krans afstort

Nooddienswerkers op die toneel. Foto: ER24

Nooddienswerkers op die toneel. Foto: ER24

Drie jong mans, almal in hul vroeë 20s, is dood nadat die bakkie waarin hulle gery het, Sondag omstreeks middernag by ʼn krans naby Heroldsbaai in die Wes-Kaap afgestort het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die bakkie het ʼn grondpad naby Voëlklip verlaat en ongeveer 100 m by die krans afgestort voordat dit op groot rotse tot stilstand gekom het.

“Nooddienswerkers en paramedici moes toue gebruik om met hul toerusting tot by die motor te abseil. Die drie mans was reeds dood toe hulle ondersoek is. Hulle het verskeie noodlottige beserings opgedoen,” het Meiring gesê.

Die mans se liggame was in die wrak vasgekeer en moes deur die brandweer uitgesny word.

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Chris ·

My hart gaan uit na die families. Mag ons Vader julle vertroos in hierdie moeilike tyd.

Hannelie ·

Baie sterke aan hul families, dis so tragies. Mag Jesus hul families vertroos.

Karen du Toit ·

so tragies, het die 1 seun geken, bevriend met my seuns baie sterkte aan al 3 se families

Andre ·

Tragies. Het hulle die area geken? Indien wel moes hulle te vinnig gery het. Middernag, Saterdagaand? Wie weet? Tragies

Sumari ·

In die George koerant sê hulle die een seun word vermis. Sal wil weet of hy al gekry is of nie? Ek ken nie een van hulle nie, maar dis so tragies. Sterkte aan elkeen se familie, vriende en vriendinne.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.