Drie jong mans van Pta in hof nadat hulle glo fietsryer saamsleep

Argieffoto Foto: memyselfaneye (Pixabay)

Argieffoto Foto: memyselfaneye (Pixabay)

Drie jong mans het Woensdag in die Welbekend-landdroshof oos van Pretoria verskyn nadat hulle na bewering ʼn 38-jarige man op sy fiets vanuit ʼn motor gegryp en saam met die voertuig gesleep het.

Johannes Jacobs, Leemone Stander en Jaco Kriel, almal 19 jaar oud, word aangekla van aanranding en roekelose en nalatige bestuur. Lt.kol. Lungelo Dlamini , woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig die drie beskuldigdes is vrygelaat tot hul volgende hofverskyning.

Die voorval het na bewering Sondagmiddag buite die Nkwe-ontspanningsoord oos van Pretoria gebeur. John Lourens, ʼn Facebook-gebruiker, het op sosiale media geskryf dat die drie mans in ʼn silwer Hyundai Getz verby Simba Masvino, wat op sy fiets was, gery het. Hulle het hom glo vasgegryp en saam met die voertuig getrek. Masvino het glo weens die hoë spoed van sy fiets af geval en kopbeserings opgedoen.

Volgens Lourens is Masvino ʼn bekende by die Nkwe-oord en werk hy al die afgelope 13 jaar daar. Hy moes glo gehospitaliseer word.Die erns van sy beserings is egter nog nie bekend nie.

Dlamini het gesê die drie verdagtes het hulself aan die polisie oorgegee. Hy kon nie meer besonderhede oor die voorval verskaf nie en het gesê die polisie is steeds besig om verklarings by ooggetuies af te neem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

55 Kommentare

cherise oosthuizen ·

Weer iets soortgelyks as die Waterkloof 4? Ons is mos verby mondigwording, nuwe demokrasie- leef en laat leef!! Daardie slagoffer verdien nie sulke behandeling nie – hy is n werker waar die 3 bedorwe brokkies gaan kattermaai het vir die dag. Ek hoop hulle kry n goeie straf!

Kerry ·

Nie lelik nie maar dis nou hoe ons jeug vandag hulle self besig hou om ander mense skaad aan te doen en te dink dis ‘n helse grap en dis “COOL” om sulke stupid goed te doen en dan wil hulle huil as hulle vas is oor dit net n ou “Grappie ” was en sit dan met ‘n krimenele rekord oor hulle nie twee keer dink wat hulle doen en wat die implikasie gaan wees nie.

Hanlie ·

Hierdie is nie kwajongsteke nie. Hierdie is gewoon boelies wat geen respek het vir enige ander mense nie.

RSA ·

Hierdie storie sal nou weer al die koerante haal, omdat dit wit op swart geweld is.
Jammer al die moorde op ons blankes in stede en op plase kan nie die koerant haal nie

Jakoos ·

AG RSA! Alle moorde haal altyd die koerante. Hou op teem op dieselfde ou noot! Vaderland tog!

Liesbet ·

@Jakoos, alle moorde haal nie altyd die koerante nie. Veral nie plaasmoorde nie.

Jakoos ·

Liesbet lees tog net Maroela dan sien jy!Net op hierdie selfde bladsy!!

Stuart ·

Liesbet lees jy elke liewe koerant elke dag? Ek sien elke liewe dag berigte oor plaasmoorde asook ander moorde in Beeld, op Maroela, in News24, in Engelse dagblaaie, in Rapport en…en…. Jis julle mense met jul sien-net-wat-ek-wil-sien-brille!

willem ·

@ Jakd oos – Liewe mens, is jy alweer van die Prozac af?

Griki ·

RSA, “Two wrongs do not make a right”. Maak nie saak wie dit is nie, dit bly verkeerd en siek om soiets aan ‘n ander te doen. Daar is geen verskoning vir sulke “hooligan”-gedrag nie.

Kobus VS ·

Ek keur nie sulke gedrag goed nie, geheel en al gladnie! Daar is myns insiens wel n stukkie waarheid in die plaasmoorde opmerking. Waar 1 swart persoon deur blankes beseer of vermoor word, word rassisme van die hoogste berge af geskree. Waar 4000 boere op die wreedaardigste denkbare wyses vermoor word, ontken die regering rassisme en is dit gewoon “kriminele gedrag”. Daar is baie beslis nie n konsekwente reaksie nie.

Bloues ·

Hoe doen n mens sulke dinge? Is daar nie dan groot fout met die sige van sulke mense nie. Sluit toe en gooi die sleutel weg

Sarie ·

Selfde storie as Waterkloof. Ek sê nie wat hulle gedoen het is reg nie, maar hier gaan ons land wys wat is geregtigheid. Hulle gaan hof toe, sal skudlig bevind word en gevonnis word binne ‘n kwessie van 6 maande. Maar wat van die “”kriminele” wat daagliks ouer mense verbrand, mishandel en moor. Diè se sake verdwyn in ons regstelsel. Hulle sake word nie eers verhoor nie, want meestal word die sake uit die hof gegooi omrede daar nie genoeg bewyse is of die beskuldigde daag nooit op vir sy hofsaak nie, dws as hy gevang was. Hy loop rond tussen ons, en hy weet hy kom weg daarmee. Wat hy doen word net aangeteken as nog ‘n statistiek. Maar wat die seuns nou gedoen het gaan voorblad nuus word en vir ‘n paar weke hoof topic wees van besprekings. Ons mense is vinnig om hulle te veroordeel. Wat hulle gedoen het is niks nuus moeite werd nie.

Winston ·

Sarie ek stem saam. En dit is so, nie alle moorde haal die nuus nie RSA. So die kritiek teen jou is ongeldig. Wonder of die landspoed rekord op trapfiets gebreek was?

Michiel ·

Vieslik verby. G’n wonder baie swartes haat ons so nie!

Kobus VS ·

Dan kan ons seker swart plaasmoordenaars, verkragters en hijackers ook maar haat? Aangesien hulle ons dan mag haat hireoor?

Gatvol ·

Ek is so moeg vir mense wat een persoon se lewe met ‘n ander probeer “regverdig”. Mens kry kriminele en mens kry slagoffers! Geen krimineel se skuld behoort betaal te word deur ‘n ander slagoffer nie.

Wens julle wil bietjie verby julle wit-en-swart gordyntjies kyk en MENSE begin raak sien.

Hierdie 3 wettertjies is net so sleg soos elke ander krimineel in ons land.

Liefiedier ·

Vir die eerste keer is daar iemand wat raaksien waaroor dit werklik gaan – dankie! Kyk verby die kleurding, ons is almal mense.

Bruno Stef ·

Ek dink persoonlik dit was n onbesonne daad en hulle moet die gevolge daarvan dra maar dit sal tien teen een weer op die ouers afkom om vir hulle in te staan. Dit gebeur in sommige gevalle waar die rottang op skool nie meer gebruik word nie ek glo nog aan outydse beproefde metodes.

Wiebo ·

Ek wonder of dit drank, of net n slegte opvoeding was. As ek hulle ouers was, het ek my morsdood geskaam vir my seuns se gedrag. Sies, dat witmense so laag kan daal.

Asjas ·

Boelies wat nooit op skool vas gevat was nie en nou het hul swak gedrag vererger. Hul ouers is seker vreeslik trots.
Hierdie is ‘n goeie voorbeeld hoekom boelies van kleins af gestop moet word sodat hul onnoselgeid hul nie eendag inhaal nie. Hoop hulle word swaar gestraf.

Jaco ·

Seker ryk yuppies wie se ouers nooit gebother het om maniere te leer nie. 2 jaar diens plug sal hulle nie skade doen nie, dalk leer hulle disipliene

Theresa ·

Mmmm. Jammer die 3 het nie liewer self fiets gery nie – lekker oefening en raak mens sommer ontslae van opgehoopte energie wat nie met goeie sport uitgespeel word nie. Baie baie jammer vir die nagevolge van hierdie simpel optrede – ek kry hul ouers jammer, veral as die ouers wel moeite gedoen het om ‘n goeie opvoeding te bied.

Ursula Marx ·

Klink soos iets reg uit die apartheid era. Hoe sal die manne voel as drie swart jonges dit met hul Pa of broer gedoen het. G’n wonder ons wittes word steeds gehaat. Die koerante maak groot sensasie van elke wit moord, aanranding of verkragting. Kyk na die statistiek. Daar is baie meer swart moorde, aanrandings en verkragtings.
Hoop die 3 ry aan die pen in die tronk.

Paula ·

So waar wat jy hier sêUrsula, maar mense staar hul blind na statistieke en sien net wat hul donker harte wil sien.

anne ·

Nou is dit ‘n apartheid ding, kom by Ursula en los dit eerder vir zuma.

Thea Gerber ·

Jy lees die verkeerde koerant. Doen eendag die moeite en koop n Daily Sun en jy sal sien dat dit propvol moord en doodslag is. Bladsye vol
Ook vol vieslike rassistiese kommentaar. Net soos op Maroela

Louise ·

Dit is nie altyd swak opvoeding vanaf ouers nie, ek sê bring terug lyfstraf EN diensplig. Was dit my kind het ek hom n properse loesing gegee dat sy gatvelle waai.

Jakoos ·

Verkeerd is en bly verkeerd. Wat plaasmoorde nou weer met hierdie te doene het…ai tog. Hoe siek het ons geword dat ons dink ons mag slegs oor plaasmoorde reageer? Natuurlik is plaasmoorde verkeerd – net soos dade soos hierdie

BUSFARK VAN PLETSEN ·

Ek like jou komentaar Gatvol Hiedie 2 lyties gooie ons blanke mense se naam weg dis nou weer lekker skiet goed teen die blanke ek hoop hulle word swaar gestraf niemand verdien so iets nie

Phillip ·

Dis nou regtig vertraag van hulle as jy iets wil doen maak soos ek en sluit aan bydi saps en maak n verskil in jou land deer kriminele te jaag nie onskuldige mense op fietse nie eks 24 en is op 19 polisie toe want ek wil veg vir my land se veiligheid ek kry skaam vir my era plaas haat op mense oor iets waarvan hulle niks weet nie as elke jong man n verskil probeer maak soos ek n verskil probeer maak in plaas van rond skuur met papie se karretjie en suip sal die land in n beter toestand wees

Dee ·

Ek dink jy’t te vroeg polisie toe gegaan. Moes eers nog bietjie gramatika geleer het.

cozican ·

Nice vir jou Philippe. Nou net die spelling regkry en dan is jy AOK!

Oud-Polisieman ·

Met my baie jare ondervinding en mense kennis kan ek in hierdie geval ‘n mening waag deur te se dat hierdie jongmanne hoogs waarskynlik uit rasistiese huigesinne afkomstig is, Pa en Ma praat gedurig sleg van ander nasies en die kinders leer by hulle. Wees maar meer versigtig oor julle opinies van ander nasies voor die kinders en julle sal hulle daardeur ‘n groot guns bewys. Ek lees ook in die berig dat hulle vrygelaat is tot hulle volgende verskyning, nie toegesluit of op borg nie maar vrygelaat. Se dit vir julle iets?

Cum Laude ·

Hoe bedoel jy O-P?
Sê jy iemand gaan hulle op straat uitsort?

Genis ·

Dis altyt inter sand om amal se opienies te lees ons sê baie baie danki davoor dit lyk of ons al weer verdeelt is en mekkaar verloon maar dis net oordruiwery want op die einde van die dag gaan ons saam staan want kyk daar is nie boote in die hawe vir ons nie en die dromedaris is lank al tot niet sela en hou op mekkaar spot Jakoos jy hou die hele klas trug

Manie ·

Hoekom as drankmisbruik deel van die probleem is maak die patetiese regering nie strenger wetgewing soos bv. geen alkohol gebruik as jy motor bestuur. Of kry hulle dalk te veel oposisie van hulle eie geledere waar alkolmisbruik hoogtui vier? Ek sien daagliks hoe bestuurders bier drink terwyl hulle bestuur

Johan ·

Ja Gatvol en al jul ander liberals
Ek praat nie hul gedrag voor nie maar kan afly hul is 3 WIT jong ouens wat op hul manier bietjie “fun” gehad het en hul fout besef het en hul oorgegee het aan die polisie
Ek het nog nooit gesien enige SWART op wit krimineel wat verkrag, steel, moord pleeg ooit hul self oorgegee het omdat hul sleg gevoel het oor wat hul gedoen het nie
Ek haal my hoed af vir die 3 en skeer hul defentief nie oor dieselfde kam as die swart moordenaar, verkragter of rower wat selfs nadat hul gevang is niks emosie wys nie
Jul wat die drie onder dieselfde kam skeer Moët sielkundige hulp gaan kry en bietjie wakker word

chris ·

Ag, kom ons blameer die motor…. Of Shaka, sy gees het in die ouens ingevaar

Liewe lulu ·

Ek dink nie ons kan die 3 met die waterkloof 4 vergelyk nie. Die 3 het hulself oorgegee en is bereid om verantwoordelikheid vir hulle daad te neem. Dit is meer as wat van die waterkloof 4 gese kan word. My mening…

Johannes Meintjes ·

Sulke onderdagte optrede deur blankes is totaal onvanpas in ‘n milieu waar rasseverhoudings broos is. Kom ons fokus op konstruktiewe doelwitte en los ander kulture uit, asb. Ons hoop dat blanke en Afrikaner leierskap voorts die regte doelwitte en werkwyses gaan stel, dan kan ons mense konstruktief en volwasse fokus.

Ruby ·

Die laaities sal maar moet pa staan vir wat hulle gedoen het, hulle kan nie ander mense gebruik vir hulle plesier.

Bly Masvino is nog lewend.

Knersus D ·

Onbesonne en laakbaar – en hulle gaan hulle straf kry…. Ek wonder net (en Jakoos bly hieruit!) of ons meer plaas moord oortreders gestraf gaan sien?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.