Drie jong seuns sterf saam op Paassondag

Die watergat waarin die drie seuns verdrink het. (Foto: Verskaf deur SAPD)

ʼn Geregtelike doodsondersoek word gedoen nadat drie jong kinders Sondag in ʼn onwettige myngat naby Mecklenburg in Limpopo verdrink het.

Kapt. Mamphaswa Seabi, woordvoerder van die polisie, sê drie seuns, onderskeidelik 7, 8 en 9 jaar oud, is omstreeks 10:00 by die huis weg om in die omgewing te gaan speel. Toe die kinders teen 17:00 nog nie teruggekeer het nie, het hul ouers bekommerd geraak en na hulle gaan soek.

“Hulle het op ʼn onwettige myngat in die gebied afgekom wat weens die onlangse reën vol water was. Daar het hulle die kinders se klere langs die watergat gesien lê en onmiddellik die ergste vermoed,” het Seabi gesê.

Die saak is by die plaaslike polisie aangemeld en lede van die polisie se provinsiale soek-en-reddingspan en honde-eenheid is by die watergat ontplooi. Die drie seuns se liggame is uit die water gebring.

“Hulle is geïdentifiseer as Machaba Ramabala (8), sy broer Itumeleng Ramabala (9) en hul maatjie, Pabalelo Mokgethwa (7). Die Ramabala-broers was graad 4-leerders aan Ramoko Primary School en Pabalelo was ʼn graad 2-leerder aan Mmalegaswi Primary School,” sê Seabi.

Dié voorval kom enkele dae nadat ʼn 11-jarige seun se liggaam vroeër vandeesweek in die Revhumbwe-rivier in die Malamulela-omgewing gevind is.

Lt.genl. Nneke Ledwaba, provinsiale polisiekommissaris in Limpopo, het ouers gemaan om na hul kinders om te sien en hulle te waarsku om nie in watergate te swem nie. Ledwaba het ook ʼn beroep op die publiek gedoen om nie onwettige myngate te grawe nie aangesien dit die lewe van onskuldige kinders in gevaar stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Pieter du plessis ·

Kanada het n wet wat kinders verplig om te leer swem ,miskien moet SA kyk daarna hoeveel kinders is al dood weens verdrinking.

Iemand ·

Ja dit sou nou lekker gewerk het as ons in ‘n Utopia gebly het, maar nou moet ons eers probeer om vir die skoolkinders kos te gee. Swemlesse vir almal is n luukse in n land waar skole se klaskamers nie dakke het nie en die kinders put toilette moet gebruik.

Muffin ·

Ek verstaan nie. Op n onwettige myngat afgekom vol water en gaan swem. Wie is verantwoordelik vir die myngat en hoekom was daar nog nooit iets gedoen nie.
Ek dink dit was al vir verskeie jare n speelplek vir kinders.

jennefer ·

Hier naby word onwettig sand op munisipale grond gemyn, Dep van Minerale was al hier maar dit hou nie op nie. As dit genoeg reen sal die gate vol water wees, 500m vanaf die informele nedersetting.

Daleen ·

Dis nie bja mooi om 3 klein kindertjies op een slag teverloor nie.die ouers moet dit verdir vat want hkm is dai myngat nie ge omhuin nie en geen gevaar borde nie om tese no entertainment no play of n danger bord op ni it’s no good please check your small children kinders dink daar waar water is hulle kan speel asb mense lig julle kinders in oor silke gevaarlike plekke.dankie

Leonard ·

Dis tragies. Arme, onskuldige kinders wou net gaan speel het.

Ek bid dat die Here deur hierdie moeilike tyd sal dra.

Muffin ·

My innige simpatie met die ouers. Sal graag wil weet hoe ver was die onwettige myn vanaf die woonbuurt.

Muffin ·

Om 2 seuns 8 en 9 jaar oud te verloor op een dag is baie baie tragies. Kry die ouers familie en vriende baie jammer. STERKTE

Stebastiaan ·

Jammer dat so iets moet gebeur dit is en bly hartseer. My innige simpatie met die families.

Hans ·

Hierdie onwettige myners moet vervolg word. Dis mos ‘n ongeluk wat wag om te gebeur!!

anton ·

hoeveel keer het ek as kind in sulke swemplekke geswem en ek was nooit in gevaar nie…

PJC ·

Dit help o gelukkig nie om sulke plekke te omhein nie. Die gemeenskap dink hulle is geregtig om toegang te hě tot alles en dan gebeur hierdje tragiese dinge.

Karolis ·

Ek stem met jou saam. Daar bestaan ‘n eiegeregtigheid onder die gemeenskap wat dan ten tye van ‘n ongeluk eweskielik in ‘n blaam oor iemand anders verander.

Wattie ·

Ek het vele kleintjies, as polisie duiker, uitgehaal in sulke gate wat die hele Transkei vol is. Baie hartseer.

DewaldS ·

Wat veroorsaak dat hulle verdrink in die gate? Die kinders sal sekerlik nie in die water gaan as hulle nie alvantevore in ‘n rivier of ‘n spruit se water ingegaan het nie, Raak dit skielik diep en dan besef hulle hulle kan nie eintlik swem nie? Of is dit moeilik om uitklimplek te kry as hulle dit probeer? Of wat gebeur eintlik?

Andri ·

Ongelooflik tragies! Die arme ouers wat nou met hierdie hartseer sit! Al wat ‘n mens voor kan hoop is dat die klein lyfies nie té veel gely het nie…alhoewel dit geen troos bring nie. Sterkte aan die families…

Lourens ·

Ek woon in Kanada. Hier is wel so wet, maar die verdrinksyfer onder kinders en volwassenes is ontsaglik, skreiend, skokkend hoog. Want die wet word nie toegepas nie.
Ek het in SA grootgeword en kon swem voor ek kon loop. Dit gaan my verstand te bowe dat ouers nie die kinders water veiligheid leer nie. Dit moet deel wees van almal se opvoeding. Sulke hartseer nuus vir die families!

Christo ·

Was jare gelede by ‘n soortgelyke geval. Dis hartverskeurend om so ‘n kinderlyk uit ‘n mynwatergat wat swak omhein was. Kinders wou net gaan swem aangesien die stadsraad besluit het hulle gaan nie meer die swembad op die dorpie onderhou nie. Ek dink myngroepe het ‘n morele verantwoordelikheid om geringe geriewe aan gemeenskappe war daar gemyn word. In hierdie geval was die dorpie voor die myn daar.

Piesang ·

‘n Onwettige myngat…? Hoe ontstaan so ‘n yslike onwettige myngat wonder ek.

Speedguard ·

Geen wetstoepassing nie, almal doen wat hul wil waneer iets gebeur dan skrik hul miskien wakker! Dan die Adams finger die was nie ek nie dit was hy !!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.