Drie kaap, ontvoer beampte toe hy motor wou aftrek

misdaad-polisie-crime-scene-kent-williamson-5

Argieffoto: Kent Williamson

Die polisie in Sasolburg is op soek na drie verdagtes wat ʼn verkeersbeampte gekaap en met hom weggery het.

Konst. Josephine Rani, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het Vrydagoggend omstreeks 06:30 plaasgevind toe die beampte (31) aan diens besig was om motors wat die spoedgrens oorskry dop te hou op die R57-pad naby Heilbron.

“Toe hy probeer om ʼn Ford Focus af te trek het die bestuurder eenvoudig nie stilgehou nie. Die beampte het tot in Heilbron agter die verdagte aangery en daar sig van die motor verloor. Hy het hom toe weer op die R34 op pad na Petrus Steyn gewaar en die motor tot naby Frankfort agtervolg,” het Rani gesê.

Die bestuurder het toe volgens Rani besef hy word agtervolg en weggejaag. “Hy het beheer verloor en het van die pad af beweeg. Die beampte het stilgehou om hulp te verleen, maar drie gewapende mans het uitgeklim en wapens op hom gerig. Hulle het na bewering sy wapen afgeneem, hom in sy eie motor ingedwing en met hom weggery.”

Die beampte het uit die bewegende motor gespring net voor die R57 op pad na Zamdela. Volgens Rani het die verdagtes sy motor op die R57 gelos nadat ʼn wit BMW hulle opgetel het.

Die Ford Focus is glo in 2017 in Sunnyside in Pretoria gesteel.

Die beampte is na die hospitaal geneem vir mediese behandeling.

Die polisie ondersoek ʼn saak van kaping. Enigiemand met inligting oor die verdagtes kan ao. Leon de Klerk by 072 484 9046 kontak.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Landi Slatter ·

Dagsê smurfie

Baie dankie vir jou kommentaar. Ons vra groot om verskoning vir die oorsig. Die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Piet Pille ·

Lang agtervolging sonder om hulp te ontbied, wonder maar net.

Karolis ·

Snaaks nê?
Ek het ook gewonder wat het hy gedink in die 2 tot 3 ure wat hy agter die ouens aangery het.

Gerrit ·

Net nog n bewys van hoe “incompetent” die wetstoepassers in sa geword het as hulle nie in die veiligheid van hulle wersplek aangeval word nie dan word hulle gekaap …..wat n skande dan is daar nog mense wat sê almal is nie so nie daar is nog goeies ek sê twak die oorgrote meerderheid is useless en hang net tyd tpt die einde van die maand om salaris te ontvang .bring n bonus sisteem in ek twyfel of dit gaan werk maar wat anders kan gedoen word om vuur onder die luiaards te maak

laevelder ·

hier in graskop weet ons net daar is spietkops want ons sien hulle in uniform en in hulle mooi karre. jy sien hulle nooit ,besig met spoedlokvalle, spoedmonitering of besig met wetstoepassing nie. as jy n kar deur die toets wil sit dan moet jy hazyview toe om 10 keer meer te betaal by die privaat toetsstasie.

Sarel swartbrand ·

Wat n skande ,elke dag lees ek van polisie of verkeersbeamptes wat na nog n laagtepunt gedaal het het die mense geen trots meer nie?

Hansie ·

Snaaks dat hy alleen daar was, hulle werk gewoonlik n minimum van twee, een wat die toestel hanteer en nog een of meer wat voertuie aftrek en kaartjies skryf. Hierdie storie klink baie verdag

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.