Drie kamma-dokters vas

Argieffoto (Foto: DarkoStojanovic, Pixabay)

Die dissiplinêre komitee van die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika (RGBSA) het vandeesweek drie mense in Springs in Gauteng in hegtenis geneem wat hulself as mediese praktisyns voorgedoen en pasiënte behandel het sonder enige vorm van registrasie.

Daphney Chuma, woordvoerder van die RGBSA, sê in ʼn verklaring die raad het saam met die Ekurhuleni-polisie ʼn spreekkamer in die Palm Springs Mall besoek waar hulle drie praktiserende dokters aangetref het.

Chuma verduidelik dat die spreekkamer dié van dr. Kunnumpurathu James Mathew is. By die RGBSA se aankoms is daar egter gevind dat dr. Bondo Crispin Muamba ook as mediese dokter vanuit die spreekkamer praktiseer terwyl Bendele Oluwagbemiga pasiënte se bloed in die spreekkamer trek.

Ene Rija Jose dien op sy beurt medikasie aan pasiënte toe.

Hoewel Mathew ʼn geregistreerde mediese praktisyn is, is die ander kamma-dokters by die spreekkamer egter nie by die raad geregistreer nie, sou die RGBSA later uitvind. Mathew was nie by die spreekkamer ten tyde van die besoek nie.

Volgens Chuma is Muamba, Oluwagbemiga en Jose op die plek in hegtenis geneem en is tans in aanhouding in Springs.

Die RGBSA waarsku mediese praktisyns om nie toe te laat dat ongeregistreerde persone hul naam gebruik om onwettig te praktiseer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

INA ·

Ek onthou daar was jàre gelede ñ kinderarts, of iets in der voege in Kemptonpark, wat hòòg aangeskryf was deur talle mense… ñ Kollega het mý destyds aangeraai om my dogter na hom toe te neem, aangesien hy volgens haar & véle ander, as uiters bekwaam beskryf is… Sý was bàie tevrede met sy diens…. Gelukkig is hy vasgetrek omdat hy praktiseer sonder die nodige kwalifikasies, voordat ek my kind na hom toe geneem het….

Valerie ·

INA, ja die mannetjie was in die vroee 90s daar in Kempton, en ek weet van mense wie se kinders blind is agv sy nalatigheid en bedrog. Hy was oorspronklik ‘n man van Welkom.

wilma ·

Kan iemand dalk vir ons vertel hoeveel sulke gevalle plaasgevind het voordat ANC regering begin het. Oe dis scary

Wildeman ·

Is hy dan veronderstel om beter geleerd as n regte Dr te wees wat gekwalifiseerd is?
My word daar is nie woorde om te beskryf nie , gaoties !!!

Kraaibakke ·

Dis sy reg om dr te wees .My reg om te kies of ek na dr Mafuta wil gaan aldan nie.

Gert van Wierdapark ·

Dis darem lekker om so maklik “Dokter-dokter” in SA te kan speel! Seker ook tyd gehad om ‘n paar Siekbriewe uit te reik?!

m ·

Nou wie het vir dr. Mathew gewaarsku?

Sal nice wees om ‘n paar gesigies by die berig te kry!!

Kobus ·

1983 was ek in die Paarl hospitaal geopereer deur ʼn Dr Meyer. Die dag wat die steke verwyder moes word was hy weg en het sy spreekkamer my meegedeel dat hy nooit ʼn snydokter was nie. Polisie het hom by Oudtshoorn se Weermagkamp opgespoor waar hy as PF dokter praktiseer het. Weer polisie ontvlug en is eers 2012 op Upington in hegtenis geneem waar hy as GP praktiseer het.

Valerie ·

Ek lees “Dr. Bondo Disprin Muamba.” Seker nie te ver verkeerd nie.

Realis Thailand ·

Een van my vriende se kleindogter was n slagoffer en was blind
Sy het intussen n graad ontvang by Stellenbosch
Ek het haar oupa n paar maande gelede besoek in n klein vergane dorpie in die Oos Kaap
Dit is die tragedie van skelms.
Die ouers van die kind woon nog aan die Rand

Ouma ·

Ek mag verkeerd wees, maar hul name en vanne klink so baie soos die van Nigirieers.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.