Drie verdagtes is in Nyanga, Kaapstad in hegtenis geneem in verband met voertuigkapings.
Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het gesê twee verdagtes is Woensdag omstreeks 05:00 in hegtenis geneem in verband met ʼn kaping wat in Januarie 2018 plaasgevind het. ʼn Gesin is van hul besittings beroof voor die verdagtes met hul Toyota Yaris gevlug het.
Die derde verdagte is ook Woensdag, omstreeks 07:30, in hegtenis geneem in verband met ʼn kaping wat vroeër vandeesmaand plaasgevind het. “Die verdagte se medepligtiges is ook in hegtenis geneem en hy kon weghardloop, maar ʼn voortgesette ondersoek het tot sy inhegtenisneming gelei,” het Van Wyk bygevoeg.
Die drie mans, onderskeidelik 21, 33 en 41 jaar oud, sal na verwagting in die Athlone-landdroshof verskyn op aanklag van kaping.
Dit sal natuurlik afhang of hulle die skurke veilig kan aanhou sonder dat hulle deur die aand onsnap waneer die polisie slaap,of dat hulle veilig na die hof vervoer word sonder dat onopgeleide skollies hulle afvat by die “hoogs opgeleide ???” polisie gedurende die rit na die hof.
Drie kapernaars tussen die kapenaars.