Drie ‘kapers’ op N14 geskiet

Die toneel. Foto: CICA/Facebok

Die toneel. Foto: CICA/Facebok

Drie mans is beseer, onder wie twee kritiek, nadat hulle geskiet is naby die Petroport op die N14-hoofweg tussen Pretoria en Krugersdorp.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê met paramedici se aankoms was daar reeds ʼn groot aantal polisiebeamptes op die toneel. “’n Bakkie het in die veld naby die pad gestaan en drie mans het ʼn paar meter weg van die bakkie gelê.”

Volgens Meiring het die drie mans verskeie skietwonde opgedoen. “Twee was in ʼn kritieke toestand terwyl die derde man matige beserings opgedoen het.” Meiring het gesê die mans is op die toneel gestabiliseer en behandel voordat hulle na nabygeleë hospitale gehaas is vir verdere mediese sorg.

Kapt. Kay Makhubele, woordvoerder van die polisie, het intussen gesê die drie gewondes is vermeende kapers. “Polisiebeamptes het die bakkie, wat vroeër in Mpumalanga gekaap is, gewaar en dit van die pad af probeer trek. Die insittendes het op die beamptes losgebrand en die beamptes het teruggeskiet.”

Volgens Makhubele is daar twee ongelisensieerde vuurwapens, blouligte en boeie in die bakkie gevind. Hy het gesê die verdagtes is onder polisiebewaking in die hospitaal.

Verkeer op die N14 is intussen erg ontwrig weens die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Sonja v rensburg ·

Wie het namens my daai kommetadr daar gaan skryf

Baie sterkte ·

Baie sterkte aan die polisie manne (en vroue) wat alewig hierdie tipe van oortreders moet vastrek en lewend probeer bly in die uitvoering vaan hul werk. Dit word opreg waardeer!

Wern ·

Word HARD teenoor misdadigers. Geen genade meer vir hulle nie.

Gerhardt O ·

Die verdagtes klink baie na polisie rowers of selfs van-diens-af polisie hulle self?

Wern ·

Want die sogenaamde “liberaliste” beskou die lewe van misdadigers as meer belangrik as die lewe van onskuldiges.

Grap ·

Die huidige polisie glo ek het probeer om dood te skiet maar hulle skiet maar so vrot…opleiding nie na wense nie.

Hennie ·

Bravo16 – Ek sou dink dis redelik moeilik om akkuraat ‘n bewegende teiken vanuit ‘n motor wat self jaag te tref – en jy moet boonop in ag neem waar jou skote gaan land as jy sou mis, ingeval jy bystanders tref. Nee wat, ek dink ons polisie het goed gedoen om hierdie ouens te vang.

Chris Ws ·

Hulle “made n China” patrone is hopeloos onakuraat!Spesiaal om kriminele ‘n beter kans te gee .

Dankbaar vir paramed. ·

Moet nie vergeet van paramed baie baie dankie mag jul deur die HERE gedra en beskerm en sielle rus kry wanneer jul skof klaar is. Natuurlik voor maar net die volgende skof, bid vir jul wat so soms ondankbare HARDE WERK moet doen.

Moo ·

Ek wens hier was ‘n “like” knoppie. Ons vergeet soms die paramedics wat ook gevaarlike werk doen.

PG ·

Puik werk SAP alles dui daarop hulle was oppad na’n volgende ‘job’ toe. Julle het verseker lewens gered. Sterkte vir die manne en vroue in blou wat WIL.

WitBlits ·

Welgedaan SAPS raps die kriminele elemente in die land en ek hoop nie ons lees eersdaags van polisiebeamptes wat aangekla word omdat hulle drie “weerlose” padgebruikers geskiet het nie!

LOUIS ·

Bravo aan die beamptes wat hulle geskiet het.
Ek wonder maar net in watter PRIVAAT hospitaal word die gewondes behandel met my belasting geld
Is dit waarom die SAUK nie hierdie nuuus wil uitsaai nie want was miskien iemand se MAATJIE en kan dit miskien sulke beamptes aanspoor om meer sulke suksessse te kry

johan ·

hulle lewe moes geeiendig het net daar!!!! want hulle voel veere vir ander se lewe

So Trots ·

So trots op hierdie polisie beamptes, knap gedaan, jul doen die Polisie ‘n eer!!!!!! Mens dink sulke lelike goed, dit is omdat die mense wegkom met alles en beslis meer mense regte as die gewone burgers het.

Theresa B ·

Waarvoor word hulle “gehaas” na die naaste hospital. Hulle voel ‘n veer vir ander, waarom moet hulle gered word? Net om in die Hof te verskyn, borg te kry, miskien ‘n klap op die hand en dan net weer in die samelewing te wees om te moor.

KarooKlong ·

Wat ‘n plesier om hierdie berig te lees, met ‘n redelike goeie einde.
Knap gedaan aan die beamptes.

humor ·

Ek lees nerens van n privaat hospitaal nie. Geen probleem as hul na n staats hospitaal toe geneem word nie. In sekeres word in elkgeval die doodstraf toegepas.

Cherokee ·

Dieselfde mense wat versekering betaal en diefwering en motoralarms koop met die doel om hul eiendom teen diewe te beskerm, betaal nou ook vir ambulans en hospitaaldienste om die skelms te versorg want staatshospitale word met belasting befonds.

raai ·

AS die nuwe nasionale medieseskema in is, SAL tip top mediesesorg vir elkeen, krimeneel of nie toegang daar wees, die wat genoeg of IETS VERDIEN SAL BETAAL vir die wat nie WIL VERDIEN kan-gaan- NIE SO WERK!

cheryl jacobs ·

Ek sal graag wil weet of dit dieselfde drie was, wat Scoin shop in Brooklyn mall gister beroof het. Hulle is weg in n wit bantam bakkie met n canopie. Een van die kliente is geskiet en kritiek in die hospitaal…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.