Drie kinders beseer in fratsongeluk by laerskool

Foto: ER24

Foto: ER24

Drie kinders is Maandagoggend beseer tydens ʼn fratsongeluk by ʼn laerskool in Wartburg, KwaZulu-Natal.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het in Swayimane gebeur. Die dak van een van die klaskamers is deur ʼn sterk wind afgewaai en stukke daarvan het bo-op die kinders te lande gekom. Drie kinders, tussen sewe en 10 jaar oud, is beseer.

“Die kinders het gelukkig net geringe beserings opgedoen en nadat hulle deur paramedici ondersoek is, is hulle in die sorg van verpleegpersoneel by die plaaslike kliniek gelaat,” het Meiring gesê. Paramedici het na die skool teruggekeer om te verseker dat geen ander beserings aangemeld is nie en die toneel veilig is.

Die polisie was op die toneel om die voorval te ondersoek, het Meiring gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Wouter ·

Dit is gn frats ongeluk as die klas se hele dak afgewaai het nie. Dit is die tweedehandse kontrakteur wat nie die kappe behoorlik ingebou het nie. So is drie kinders oorlede agv swak vakmanskap en wie gaan hiervoor blameer word. Seker apardheid?

Vicky ·

Die kinders is darm nie dood nie. Net beseer. Dankie tog daarvoor.

Gideon ·

As ek na die foto’s kyk, dan kan mens duidelik sien kappe en sink is weg- dit kan net een ding beteken- swak vakmanskap!!!

jakes ·

So bou ‘n tenderpreneur mos ‘n nasie. Dankie tog niks en niemand dood. Seker gaan selfde bouer weer tender kry om skade te herstel?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.