Drie kinders beseer ná brand in huis

Argieffoto

Argieffoto

Die polisie ondersoek ‘n saak van brandstigting en poging tot moord nadat drie kinders ernstige brandwonde opgedoen het toe ‘n brand by ʼn huis in Limpopo uitgebreek het.

Die voorval het omstreeks 00:15 in Hlanganani buite Giyani in Limpopo plaasgevind. “Die kinders het in die HOP-huis lê en slaap toe die ma ʼn nabygeleë kuierplek besoek het,” het kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, gesê. “Terwyl sy by die kroeg was, het sy gesien ʼn brand het in die huis uitgebreek. Sy het dadelik huis toe gegaan en die bure se hulp ontbied.”

Die kinders, onderskeidelik vier, vyf en sewe jaar oud, is uit die huis gered en na ʼn hospitaal geneem.

“Die ma kan moontlik tereg staan op aanklagte van kinderverwaarlosing,” het Ngoepe bygevoeg.

Hy het gesê die polisie maan alle ouers om hul kinders se veiligheid te verseker.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Lynnette ·

Does anyone know to which hospital the kids were taken to

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.