Drie kinders dood in ou motor aangetref

(Argieffoto: Miguel Roberts/AP)

’n Geregtelike doodsondersoek word gedoen nadat die liggame van drie jong kinders Woensdag in ’n ou ongebruikte motor op ’n erf naby Morokweng in Noordwes aangetref is.

Brig. Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder, sê die ouma van die twee kinders het hulle en ’n maat omstreeks 10:00 by haar huis in die Botsalano-nedersetting agtergelaat om ’n begrafnis te gaan bywoon.

Die ouma het omstreeks 15:30 teruggekeer en op die kinders se liggame in die ou voertuig afgekom.

Die omstandighede rakende die vierjarige Thabo Mohibidu en sy sussie, Thoriso, en hul sesjarige maat Bokao Sheleng word ondersoek.

In onverwante voorvalle is die liggame van drie kinders Saterdag in ’n vrieskas in Taung aangetref, en Maroela Media het ook berig van die liggame van twee seuntjies wat vroeër vandeesmaand in ’n motorwrak in die Tzaneen-omgewing in Limpopo gevind is.

Die seuntjies, albei drie jaar oud, het vermoedelik in die motorwrak gespeel toe die motordeure gesluit het. Hulle was in die wrak vasgekeer en het weens die versengende hitte omgekom.

Die soektog na ’n driejarige seuntjie en ’n vierjarige dogtertjie het verlede maand ook tragies geëindig toe die liggaam van die seuntjie in ’n ou motor in Newton in Wellington gekry is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

6 Kommentare

jongste oudste gewildste
Sarel

Altyd ekstra tragies waar kinders by betrokke is veral in moeilike lewensomstandighede

Sandra

Ek is miskien nou dom, maar hoe kan ‘n motor wrak se deure automaties sluit

Cecilia

So d begrafnis was belangriker as om om te sien na d kleinkinders. Want hulle begrafnisse is mos 1 groot party. As dit my ma was wat na my kinders moes kyk. Gaan daar groot familie moles wees

Dries

Is dit nou n nuwe ding. Kinders gaan dood in motorwrakke. Dit klink net nie reg nie

Regverdigheid

So hartseer mens los nie sulke klein kindertjies aleen, sord dat daar altyd iemand na hul omsien….RIP jul klein mensies.