Drie kinders ernstig beseer toe tent omwaai

(Foto: Rescue Care Paramedics)

Drie kinders is vanmiddag ernstig beseer toe ʼn sterk wind ʼn markiestent naby die Cato Manor-sportterrein in Durban omgewaai het.

Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care-ambulansdiens, sê paramedici is omstreeks 13:30 na die toneel ontbied. By hul aankoms het hulle talle mense gevind wat beseer is toe die tent weens die sterk wind bo-op hulle inmekaargesak het.

Jamieson sê die mense was glo besig om ʼn vergadering in die tent te hou.

(Foto: Rescue Care Paramedics)

“By paramedici se aankoms is hulle in kennis gestel dat drie kinders reeds met ernstige beserings na ʼn hospitaal gehaas is. Paramedici het voortgegaan om talle ander mense vir geringe beserings te behandel, voordat hulle ook na ʼn nabygeleë mediese fasiliteit geneem is,” het hy gesê.

Jamieson kon nie meer inligting gee oor die aard van die kinders se beserings nie, aangesien hulle reeds weg was toe sy span daar aangekom het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Cherokee ·

Die winde was stormsterkte in Durban vandag. 45 – 50 kmu winde. Op die N3 tussen Westville en Durban kon in die kar gevoel word en gesien word hoe voertuie somtyds effens swenk wanneer ‘n skielike sterk windvlaag opwagting gemaak het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.