Drie kinders, jong man vermoor

(Foto: SA Polisie)

Vier mense, waaronder drie kinders, is laat gisteraand in Elsiesrivier doodgeskiet.

Die drie kinders, ʼn 10-jarige meisie en twee 12-jarige seuns, en ʼn 19-jarige man is op die toneel in Northmead Hof, Meltonweg, dood. Twee vroue, beide in hulle vroeë dertigs, is in die voorval gewond.

Volgens brig. Novela Potelwa, Wes-Kaapse polisiewoordvoerder, is albei vroue vir behandeling in die hospitaal opgeneem.

Twee verdagtes is vroegoggend in verband met die grusame moorde in hegtenis geneem. ʼn Deurnag soektog deur lede van die teenbende-eenheid (AGU) en die Elsiesrivier-polisie se misdaadvoorkoming- en misdaadintelligensie‑eenheid het daartoe gelei dat ʼn 30-jarige verdagte in dieselfde gebied van die moorde vasgetrek is. ʼn Paar uur later is nog ʼn verdagte, 36 jaar oud, in hegtenis geneem. Potelwa het gesê die verdagtes sal binnekort in die hof verskyn.

Die polisie kon nie bevestig dat die motief vir die moorde bendeverwant is nie, maar sê dit word ondersoek. Volgens gerugte was die jong man, Vineto Afrika, ʼn lid van die Dissipel-bendegroep. Dié bendegroep is saam met die Bad Boys en die Terribles bekend vir hulle bedrywighede in die Elsiesrivier-omgewing.

Volgens ʼn gemeenskapsleier in Elsiesrivier, Steve Ross, is die orde binne die Dissipels-bendegroep deurmekaargegooi nadat hulle leier, bekend as Appel, doodgeskiet is. Volgens Ross kan die voorval van gisteraand as ʼn geteikende moord beskou word.

Volgens die Western Cape Gangwatch is die Wendy-huis waarin die slagoffers was, se voordeur afgeskop waarna die verdagtes op die inwoners begin losbrand het. Die twee vroue het na bewering op die bed gelê, terwyl die kinders televisie gekyk het. Die verdagtes het van die toneel gevlug waarna die gewonde vroue buite vir hulp gaan soek het.

Die Western Cape Gangwatch sê volgens die vroue kan hulle nie die verdagtes identifiseer nie. Volgens ontstelde inwoners is die twee vroue gereeld gewaarsku teen hulle kêrels wat na bewering albei bendelede is. ʼn Geskokte inwoner sê een van die twaalfjarige slagoffers het haar gereeld help sop uitdeel.

Ross meen dat die bendegroepe nie onbekend is nie en dat die gemeenskap en polisie weet wie die lede van die bendes is. Hy sê ongelukkig is die wette van die land so dat dit die regte van selfs die bendes beskerm.

ʼn Ondersoek na die voorval duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Potjie ·

“Live by the sword…die by the sword ” Baie jammer oor die kindertjies. Dit is baie hartseer.

HAB ·

Nee regtig waar.
Ek voel die polisie moes hulle net daar tereg gestel het. Dis tyd dat sulke moordenaar voor die voet doodgeskiet word. Sal ‘n baie duidelike boodskap uitstuur.

Monna ·

HAB ,
In SA kan n mens nie veel verwag van die polisie af nie

MJ ·

‘Dat selfs bendes se regte beskerm word’….. daar lè die probleem.

Mark ·

As ‘n mens kon kies wie jou ouers moes wees en waar jy kon bly, hierdie arme kinders het nie gevra nie maar word daagliks blootgestel aan die wreedste vorme van mens wees. Here wees met ons kinders op die Kaapse Vlakte ASB.

JB ·

In daai geval aangesien alles in die land korrup is, gaan ek ook begin met n bende!!! Sal by n paar gebiede in gaan en moor, daar gaan dan niks gebeur…… Sal nooit in die tronk gaan sit vir die aksies wat ek sal doen nie….. Hoe wonderlik!!!! So dan kan ek ook maar begin moor uit net sommer uit…… WOW wat n awsome land van ons die…..
Dit is pateties om die waarheid te se!!!

TJ ·

Dissipel-bendegroep ??????????
Wens hulle het meer soos ware dissipels opgetree.
Dis so hartseer

Karolis ·

Beste wense vir die goeie opvolgwerk deur die betrokke beamptes van die Polisie.

Sarel ·

Dit is die probleem en die oorlog sal nie gewen word tensy daar iets aan gedoen word nie. Kinders koelbloedig vermoor en die Bendes gaan steeds voort. Die Polisie se hande afgekap deur Regering wat misdadigers beskerm
Ek së gebruik diecweermag en mask skoon. Klopjagte en arrestasies sonder borg is al wat gaan help

Sarel ·

Vier kinders vermoir omrede die Regering hulle nie kan beskerm.nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.