Drie kinders, nog twee sterf in gru-botsing

Foto: Netcare 911

Foto: Netcare 911

Vyf mense is dood nadat ʼn motor en ʼn vragmotor Vrydagaand op die R34 naby Vrede in die Vrystaat gebots het.

Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die botsing het omstreeks 22:15 plaasgevind. “Toe Netcare 911 by die toneel opdaag, was die provinsiale nooddienste reeds op die toneel. Vyf mense wat in die motor was, het almal reeds aan hul veelvuldige beserings beswyk.”

Sy het gesê drie van die oorledenes was minderjarig, maar hul presiese ouderdomme is nog nie bekend nie.

Volgens Mathe het een passasier in die motor die ongeluk oorleef. Hy is in ʼn kritieke toestand deur die provinsiale nooddienste na ʼn hospitaal gehaas. Die insittendes in die vragmotor was ongedeerd.

Mathe het gesê die oorsaak van die ongeluk is nie bekend nie en sal deur die polisie ondersoek word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Vrystaatpaaie ·

Vrystaatse paaie is wetteloos want daar doen die patetiese verkeersdept niks, hulle het baie bloed op hulle hande.

Tiger ·

Dis net KZN wat probeer om wette toe te pas op hul paaie.Die res van die land se verkeersbeamptes is vrek skaars en wettelose optrede deur pad gebruikers is die norm op alle paaie.Arrive Alive mors hul tyd.

Zoro ·

Ja dis tragies padveiligheid in die Vrystaat is vervang met werkskepping vir familie lede ,senior be-amptes is uitgewerk / uitgeboender om plek te maak vir rampokkers , ek wens die skerpioene wil ondersoek instel omtrend die groot getal be-amptes met krimenele rekords wat in uniforms werk in dié provinsie – ironies genoeg is die Direteur van verkeer n voormalige tronkbewaarder

ND ·

Joh wat gaan aan in kwazulu Natal en vrystaat meerderheid ongelukke en ander kom daarvoor? Klink creepy…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.