Drie kinders sterf in brand

iStock_000009800151XSmall1-300x199

Argieffoto

ʼn Man en vrou is in ʼn ernstige toestand in die hospitaal en drie kinders is dood na ‘n brand by ʼn woonstelblok in Meyerton, Gauteng.

Santi Steinmann, woordvoerder van Netcare911, sê paramedici is omstreeks 4:00 Sondagoggend na ʼn woonstelblok in Fentonstraat ontbied. Sy sê brandbestryders was reeds op die toneel en besig om die vlamme te probeer blus na ʼn woonstel aan die brand geraak het. Volgens Steinmann het drie kinders, onderskeidelik 18 maande, drie jaar en sewe jaar oud, in die brand omgekom. Sy sê ʼn man en ʼn vrou was in ʼn ernstige toestand en is op die toneel behandel voor hulle na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is vir verdere behandeling. Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie en word deur die polisie ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.