Drie kinders sterf in Bainskloofpas-ongeluk

Argieffoto van die Bainskloofpas bloot ter illustrasie. (Foto: Facebook)

Drie kinders is dood toe ’n motor Saterdagaand in die Bainskloofpas naby Wellington die pad verlaat het en teen ʼn helling af is.

’n Volwasse vrou het die voorval oorleef hoewel nood-en-reddingsdienste ure lank gespook het om haar met behulp van toue tot by die padoppervlak te hys voordat sy na ’n hospitaal gehaas kon word vir mediese behandeling.

Johann Marais, woordvoerder van Wildernis-soek-en-redding (WSAR), sê dié nooddiens is kort ná 19:00 ontbied nadat ’n motor met vier insittendes die pad verlaat en meer as 80 meter na benede getuimel het.

’n Toustelsel is gebruik om die slagoffers te hulp te snel en ’n 60-jarige vrou is eindelik teen middernag na bo gehys met behulp van ’n dubbele-toustelstelsel geanker aan drie voertuie.

Die vrou is na ’n hospitaal in die Paarl gehaas terwyl daar toe met die proses begin is in om die drie kinders se liggame na bo te hys.

Marais sê al drie liggame is teen 03:00 op draagbare tot by die pad gebring voordat die kinders aan die polisie se forensiese span oorhandig is.

Meer inligting is nie in dié stadium bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

7 Kommentare

jongste oudste gewildste
ONTPS

Dit is vreeslik tragies! Bainskloofpas is ‘n bitter mooi roete, maar met ‘n paar gevaarlike draaie; ek ry hom nie graag na sononder nie

Shakespeare

Hartsverskeurend.

Mariaan

Ag nee..hoop nie dis n ma en haar 3 kinders nie…dis net tragies!!