Drie kinders sterf in brand

iStock_000009800151XSmallDrie kinders is dood na ‘n plakkershut aan die brand geslaan het in Kroonstad in die Vrystaat.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare911, sê die voorval het in Snake Park in Maokeng plaasgevind. Hy sê die kinders het ‘n primusstofie as ‘n verwarmer gebruik toe die brand uitgebreek het.

Botha sê die plakkershut was in vlamme gehul met paramedici en brandbestryders se aankoms op die toneel. “Na die brand geblus is, het ons gesien die kinders, ‘n meisie en twee seuns, het doodgebrand.”

Botha sê die kinders was onderskeidelik 11, agt en sewe jaar oud.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.