Drie kinders sterf in brand

Argieffoto: Pixabay

Drie kinders het doodgebrand toe ʼn brand Maandagaand in ʼn informele nedersetting in Philippi in die Wes-Kaap uitgebreek het.

Theo Layne, woordvoerder van die Kaapstadse brandweer, het gesê brandbestryders is omstreeks 21:18 na die toneel in Browns Farm ontbied. Vier hutte is in die brand vernietig en twee seuns en ʼn meisie het doodgebrand.

Dit is nie bekend hoe oud die kinders was nie.

Volgens Layne is die oorsaak van die brand nog nie bekend nie en word dit deur die polisie ondersoek.

Die brand kom ná ʼn soortgelyke voorval Sondag in Alexandra, Johannesburg, toe vier kinders doodgebrand het. Maroela Media het vroeër berig die twee ma’s van die kinders is ná die brand in hegtenis geneem op aanklag van kinderverwaarlosing aangesien hulle die kinders alleen by die huis gelaat en glo na ʼn sjebeen gegaan het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Raadop ·

Ek sidder as ek sulke goed lees, van klein kindertjies wat alleen gelaat word aan hulle eie genade terwyl die ouers “uit gaan”. Ek het 2x 16 jarige kinders, een 15, een 11 en die ander enetjie 10 en ek laat hulle eers alleen bly in die kar as ek uitspring vir ‘n brood nie. Is daar werklik nie ander alternatiewe nie, familie of vriende wat na die kinders kan kyk nie. Mense hulle het nie gevra om hier te wees nie en as mens kinders het moet jy mos die verantwoordelikheid ook aanvaar ………. daar is vir my geen verskoning nie, ek sal alles vir my kinders doen om hulle te beskerm tot die dag wat hulle trou en nogsteeds verantwoordelik vir hulle voel. Wens daar was een of ander eksamen wat ‘n mens moes skryf om kinders te kan he dan was daar dalk minder sulke gevalle van verwaarlosing en moord.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.