Drie kinders sterf in Noordwes

Argieffoto

Argieffoto

Drie kinders, onderskeidelik twee, vier en vyf jaar oud, is Maandag dood aangetref in hul huis in Christiana, Noordwes.

Lt.kol. Pelonomi Makau het gesê die kinders het glo by een van hul bure in Utlwanang- informele nedersetting gaan eet. “Volgens die inligting wat ons ontvang het, het die kinders siek geword toe hulle by die huis aankom en drie van hulle is dood. Die vierde kind, ʼn sesjarige seuntjie, is in die hospitaal opgeneem.”

Die oorsaak van die kinders se dood is nog onbekend. “Die ondersoek duur voort,” het sy bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Joann ·

Ai foeitog dis tragies. Waar was hul ouers? Om so alleen te sterf met ? Vergiftiging is wreed.

Sus ·

My huiswerker het eendag in ‘n gesprek genoem dat afguns onder haar bevolking astronomies is. Die een gun die ander níks. Dit was na aanleiding van my vraag of hulle kos by die bure in tyd van nood sal ‘leen’……net van mense wat jy goed ken en familie, want bure gooi gif in die kos sodat jy nooit weer by hulle kom leen nie!!

rudi ·

Gif in hul kultuur is verskriklik algemeen. Op die myn waar ek werk vergiftig hul mekaar gereeld. Selfs my tuinier het sy 1 jarige seuntjie verloor deur ‘n siek inisiasie waar hul gif op die kind se kop smeer. Hy was effens hartseer en het gese dis hoe die lewe werk want sy kind sou swak wees eendag. My buurvrou was wreedaardig vermoor nadat haar man dit nie kon regkry om haar te vergiftig nie. Dit het uitgekom in die hof. As mens kronies siek voel moet mens maar jou huishulp laat gaan

snoefie ·

wat kan jy andersverwag van grootmense wat soos kleuters tantrums gooi en SKOLE afbrand uit suiwer hebsug?

Penellope Jones ·

Genugtig!
Wat is hierdie kindertjies gegee om te eet ???

tamboti ·

Penellope dit was heelwaarskynlik die ‘Two Step” (temik) gif wat die’ mense gebruik vir rot en muis gif – gemeng met mielie meel! Dit is hoogs onwettig maar word openlik in enige dorp se “informele” markte verkoop.
Dit word ook gebruik om die honde te vergiftig – baie min is nodig om mens of dier te dood.

Mamparra ·

Temik, two step of watookal straat naam, is oorspronklik Aldicarb wat deur Bayer vervaardig is as insekdoder. Jy kry dit nie in rotgif nie en is in 2012 verban. Maar indien die bure nie ook iets oorgekom het nie, kan mens seker dink dis gif. Indien dit so is, hoe siek is so bevolking?

Wern ·

Dit is baie tragies. Die nadoodse ondersoek behoort maklik te wys of dit moord was of nie, Maroela, laat weet ons dan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.