Vyf mense, drie van hulle kinders, is Saterdagaand dood in ʼn ongeluk tussen ʼn minibussie en nog ʼn voertuig op Monumentweg in Uitsig, Bloemfontein.
Ineke van Huyssteen, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici was omstreeks 19:00 op die toneel. Die minibus het langs die pad op sy kant gelê en nog ʼn voertuig het in die middel van die pad gestaan.
Die mense in die voertuig is op die toneel dood.
Drie ander mense in die voertuig het beserings opgedoen wat van ernstig tot matig wissel, het Van Huyssteen gesê.
“Die bestuurder van die minibus was in die voertuig vasgekeer en die brandweerdiens moes hom met die hulp van lewenskake bevry. Hy is ernstig beseer.”
Paramedici van verskeie nooddienste het pasiënte op die toneel behandel voordat hulle na hospitale vir verdere sorg geneem is.
Die polisie ondersoek die voorval.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
10 Kommentare
Taxis se deurgangsroete.
Mmm. Al weer ‘n minibussie …
Spoed??
Dis nie ‘n taxi gewees nie, maar ‘Mercedes bussie met slegs 1 persoon in. Die ander Agt was in die BMW.
Weer ‘n taxi en alkohol wat verantwoordelik was.