Drie kinders verdrink in Kaapstad

Argieffoto: Marianne Styan

Argieffoto: Marianne Styan

Drie kinders het Vrydagaand in twee afsonderlike voorvalle in Kaapstad verdrink.

Vaughn Seconds, stasiebevelvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) in Strandfontein, het gesê die polisie se duikeenheid het verskeie nood-en-reddingsdienste omstreeks 18:55 na die Sandvlei-monding by Muizenberg-strand ontbied, waar twee kinders verdrink het.

“Volgens ʼn ooggetuie het vier seuns in die water by die R310-brug geswem. Dieselfde ooggetuie het later opgemerk twee van die kinders dryf onder die water. Iemand het glo gesien hoe een van die vier wegry op ʼn fiets,” het Seconds gesê.

Dit was nie duidelik waar die ander kind was nie en die polisie se duikeenheid, NSRI-bemanning en ander nooddienste het ʼn volskaalse soektog van stapel gestuur om die moontlikheid uit te sluit dat nóg kinders in die groep moontlik verdrink het.

Seconds het gesê die kinders se liggame is aan die polisie oorhandig. Hul identiteite was teen Vrydagaand nog nie vasgestel nie en geen familielede opgespoor nie.

Volgens die Wes-Kaapse nooddienste is die seuns vermoedelik tussen 15 en 16 jaar oud.

In die ander voorval het ʼn tweejarige kind verdrink in die Fresnaye-omgewing van die stad.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê geen inligting oor die verdrinking is bekend nie, aangesien die kind se familie die kind in ʼn private voertuig na ʼn hospitaal geneem het. Paramedici van Netcare 911 het die voertuig onderweg na die hospitaal ingehaal en bystand verleen.

“Die kind was bewusteloos en paramedici het dadelik begin om noodhulp toe te pas. Die kind is in ʼn ambulans na die hospitaal geneem terwyl paramedici aangehou het met resussitasiepogings. Ongelukkig, ten spyte van alle pogings, is die kind met aankoms by die hospitaal dood verklaar.”

Die Kaapstad-polisie doen geregtelike doodsondersoeke.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Jan koos willemse ·

Die kinders swem al ewig in water naby die R310. Die water is waarskynlik besoedel ook. Tyd vir stad kaapstad om ‘n plan te maak om die kinders te beveilig. Zille en De Lille kom seker nooit so ver uit die rykmansbuurte nie?

nadine ·

Ek dink dis eerder ‘n kwessie van ouers wat na hulle kinders moet kyk. Kan nie die regering blameer vir dit nie.

Jip ·

Jip net so Nadine, elke ouer moet self verantwoordelikheid vir sy/haar kind vat. As ons nou sowaar almal die siening het, gaan ons uitsterf, want niemand sal leer om verantwoordelikheid te vat nie en daar sal niemand wees om te kyk of te keer nie!

Kinders bly kinders ·

Jan, kinders bly kinders, hulle ondersoek, explore en probeer, dit is hoe ek en jy ook geleer het, dalk kon die ouers bietjie meer gelei het. Ongelukke gebeur, hul kan tog ook nie heeldag arms gevou voor Tv sit nie, dit bly egter hartverskeurend as dit skeefloop.

Vra net. ·

Dit is so jammer dat sulke goed moet gebeur. Maar nog steeds wil ek graag weet as hierdie kinders wat verdrink het so gou opgespoor kon word, hoekom dan nie ook die vrou in Capital Park wat November maand meegesleur is vind nie.

G ·

Na elke berig oor iemand wat verdrink het, en wie se liggaam gevind is, word gevra :wat van die vrou by Capital Park? Daar kan sekerlik baie redes daarvoor wees?

ekke ·

dalk omdat sy nie gevind wil word nie? dalk met amnesie Iewers uitgespoel?

Snuf in die neus ·

Ja G. Ek merk dit ook op. Sou jy nie ook wonder hoekom is daar nie opvolg berugte oor die vrou se verdwyning nie. Of selfs van die man wat in die industriële masjien beland het nie. Ons kry al die nuus baie vinnig van MM maar dit lyk nie of hulle wil terugkeer en opvolg werk doen na ou gebeurtenise nie.

ekke ·

daar was al oogevolg lot die vrou wat in die apiesrivier meegesleur was. how haar ma steeds na haar soek. was die seun van Belfast mp se moordenaars oogespoor? was daar bewys dst hy die skade se kar gesteel het? hoekom laat mm sulke berigte doodloop?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.