Drie kinders verdrink in Limpopo

Argieffoto van 'n puttoilet by 'n skool in Limpopo Foto: Tara Meaney, EWN

Argieffoto van ‘n puttoilet by ‘n skool in Limpopo Foto: Tara Meaney, EWN

ʼn Vierjarige het Donderdag in ʼn puttoilet in Letsitele in Limpopo verdrink.

“Hy was een van drie kinders wat Donderdag in die provinsie verdrink het,” het lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, gesê.

Die seuntjie, Samuel Matshusa, het saam met sy maatjies naby die toilet gespeel. Die put was vol reënwater. Hy het ingeval en verdrink.

“Tebatso Simango en Tshepo Mkhabele, al twee 12 jaar oud, het in Bolobedu in die Merikoma-rivier verdrink,” het Ngoepe bygevoeg. Die kinders het in die rivier geswem.

Die polisie het reeds al drie liggame uitgehaal.

Matshusa is minstens die derde kind wat sedert Januarie verlede jaar in ʼn puttoilet verdrink. Die driejarige Hlumisa Makhasi het in Desember verlede jaar in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal verdrink en Michael Komape (6) het in Januarie verlede jaar in ʼn puttoilet buite Polokwane in Limpopo verdrink.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.