Drie kinders verdrink in Mosselbaai

Argieffoto: NSRI

Argieffoto: NSRI

Twee seuns en ʼn meisie het Sondagmiddag by Diasstrand in Mosselbaai in die Wes-Kaap verdrink.

Craig Lambinon, woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), het gesê die NSRI het omstreeks 14:30 tyding ontvang dat ʼn verdrinking besig is om plaas te vind. Lewensredders en ʼn reddingsboot van die NSRI, die polisie en verskeie nooddienste is na die toneel ontbied.

“Die drie kinders, sowat 14 jaar oud, is almal maats van Mosselbaai,” het Lambinon gesê. “Hulle is deur ʼn sterk seestroom meegesleur terwyl hulle geswem het.”

ʼn Onbekende vrou het die meisie uit die water gered en noodhulp begin toepas. Paramedici het die meisie op die toneel dood verklaar.

“Die polisie het die seuns se liggame in die water opgespoor. Hulle was reeds dood.”

Die kinders se familie wat op die toneel was, is deur die polisie se beraders bygestaan. Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.